U word vriendelik uitgenooi na die volgende webinaar ter viering van Internasionale Ooptoegangweek.
Tema: Dit maak saak hoe ons kennis oopmaak: die bou van strukturele gelykheid
Datum: Dinsdag 26 Oktober 2021
Plek: Webinaar - MS Teams
Internasionale Ooptoegangweek word wêreldwyd gevier. Die Biblioteek- en Inligtingsdiens bied aan drie gassprekers wat ons gaan toespreek oor wetenskaplike publikasies en oop toegang tot akademiese navorsing.
Registrasie is gratis deur aan te teken op die skakel.
Gasspreker: Mnr Joe McArthur - https://bit.ly/3nsxxUv
Mnr McArthur gaan ons toespreek oor hoe om akademiese navorsing meer toeganglik te maak.
Gasspreker: Dr John Measey – https://bit.ly/3B53sPC
Dr Measey gaan praat oor kommersiële publikasies en hoe ooptoegang publikasies dieselfde dienste kan aanbied.
Gasspreker: Mev Naomi Visser – https://bit.ly/3poqKgX
Mev Visser deel meer oor die bou van volhoubare inligtingstrukture deur Ooptoegang.
Vir meer inligting kontak Mej Paulette Talliard – plt@sun.ac.za