Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Museum: OOP GESPREKKE: 21 April
Begin: 21/04/2021, 13:00
Einde: 21/04/2021, 14:00
Kontak:Dr Geraldine Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS Teams

OOP GESPREKKE

Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi u uit na ʼn bespreking oor:

“Die herverbeelding van ruimtelike politiek: Grond, geheue en die reg op toegang"

Me. Querida Saal (Navorser, Ontwikkelingsaksiegroep)

Querida is ʼn navorser by die Ontwikkelingsaksiegroep, waar haar werk fokus op stedelike grond- en behuisingskwessies. Sy het ʼn meestersgraad in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Querida is ʼn ervare menseregtenavorser, bedrewe in kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing, beleidsontleding, en projekimpak-evaluering. Sy was as navorser werksaam by verskillende instellings, waar sy die politieke, sekuriteits-, sosio-ekonomiese, infrastruktuur- en kleinhandelontwikkelings oor verskillende Afrikalande nagespoor het. Sy is geesdriftig oor ontwikkeling en het nog altyd belang gestel in ʼn wye verskeidenheid kwessies, waaronder sosio-ekonomiese regte, armoedeverligting, ongelykheid, ontwikkeling, gender, en siviele en politieke regte. Sy is opgewonde oor haar werk vir ʼn organisasie met ʼn ryk geskiedenis van baanbrekerswerk in stedelike ontwikkeling en stedelike grondhervorming.

Me. Chrischené Julius (Waarnemende Direkteur, Distrik Ses Museum)

Chrischené is tans die waarnemende direkteur van die Distrik Ses Museum en hoof van die Departement Versamelings, Navorsing en Dokumentasie. Sy was betrokke by verskeie uitstallings- en navorsingsprojekte, met die spesifieke fokus op die navorsing van mondelinge geskiedenis en die manier waarop hierdie metodologie as deel van die etos van ʼn gemeenskapsmuseum ontwikkel het. Sy bestuur en doen onderhoude vir die projekte oor mondelinge geskiedenis saam met die museumpersoneel. Haar breë fokus was op die gebruik van mondelinge geskiedenis as ʼn werktuig vir gemeenskapsgeskiedenis. Sy resenseer ook die maniere waarop mondelinge geskiedenis by tye gebruik is om stemme uit te sluit en metanarratiewe van apartheidondervindings op te bou. Sy het grade in geskiedenis en museumstudies aan die Universiteit van die Wes-Kaap en die Universiteit van Kaapstad behaal.

Datum:                       Woensdag, 21 April 2021

Tyd:                             13:00

Virtuele platform:      MS Teams

Moderator: Dr Geraldine Frieslaar (Kurator van Navorsing, Dialoog en Maatskaplike Geregtigheid, Universiteitsmuseum)

Klie​k op die volgende skakel om aan die bespreking op 21 April deel te neem:

StellenboschUniversityMuseum\Justconversations\21April2021