Navorsers het nou die geleentheid om hulle kreatiewe uitsette in te dien by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) vir formele erkenning en subsidie-doeleindes.
Die interne sluitingsdatum vir indien van hierdie uitsette is 1 Junie 2021.
Voltooi asb. die aanlyn vorm vir elke indiening: https://redcap.sun.ac.za/surveys/?s=REKY9EHTHM
Let op dat die name en kontakbesonderhede van twee eweknie beoordelaars ook verskaf moet word in die aanlyn aansoek.
Die databank Figshare (https://figshare.com) is beskikbaar as platform om 'n skakel van die uitset te deel.
Ons wil graag sekere belangrike aspekte uitlig:
Kategorieë wat kwalifiseer vir subsidie asook kontakpersone indien verdere inligting spesifiek tot die kategorie verlang word:
Skone Kunste & Visuele Kunste (prof Elizabeth Gunther eg@sun.ac.za)
Musiek (dr Mario Nell mdn@sun.ac.za & dr Marietjie Pauw empauw@sun.ac.za
Teater, Opvoerings & Dans (dr Mareli Pretorius mareli@sun.ac.za)
Ontwerp (prof Elizabeth Gunther eg@sun.ac.za)
Rolprent & Televisie (dr Mareli Pretorius mareli@sun.ac.za)
Literêre Kuns (prof Catherine du Toit cdt@sun.ac.za)
Kontakpersone vir algemene navrae:
Esmari Huysamen (021 808 4914; esmarih@sun.ac.za)
Felicia Mc Donald (021 808 2581; fmcdonald@sun.ac.za)
Daléne Pieterse (021 808 3557; mver@sun.ac.za)
Maryke Hunter-Hüsselmann (021 808 4623; mh3@sun.ac.za)
Kontakpersoon vir hulp met die aanlyn vorm:
Jennifer De Beer (021 808 9444; jad@sun.ac.za)
Uitsetjare waarvoor aansoeke ingedien kan word:
n-3 maw vir hierdie rondte sal uitsette wat gelewer is in die periode 2018-2020 in aanmerking kom.
NB: Let asseblief daarop dat onvolledige aansoeke nie in aanmerking sal kom nie en nie geprosesseer kan word vir subsidie nie.