Aansoeke vir die Nagraadse Diploma in Mediese Toksikologie is nou oop.
Mediese toksikologie is 'n veld van medisyne wat toegewy is aan die evaluering en behandeling van vergiftigde pasiënte.
Tans
is daar 'n tekort aan opgeleide personeel met kennis van vergiftigings,
veral vergiftiging met chemikalieë wat uniek is aan Afrika.
Hierdie
nagraadse program van 18 maande bied 'n belangrike stap in die
opleiding van wetenskaplikes in mediese toksikologie en bied 'n hoër
akademiese kwalifikasie.
Klik hier vir meer inligting.
Navrae kan aan Carine Marks gerig word (Tel: 021 938 9334; E-pos: carinem@sun.ac.za).