Die US vereis nie die betaling van registrasiegelde nie, maar die
eerste paaiement van die jaarlikse studentegelde is betaalbaar voor of
gedurende die registrasietydperk.
Studente wat deur die
Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) befonds word, word
vrygestel van hierdie eerste paaiement. Dieselfde geld vir studente wat
ander soorte finansiële hulp ontvang – enige student wat bewys kan lewer
van ’n beurs of lening wat uitstaande skuld (indien van toepassing) en
die eerste paaiement dek, mag registreer sonder dat ’n betaling vereis
sal word.
Studente wat geldelike probleme ondervind,
maar wat nie vir NSFAS-hulp kwalifiseer nie, sal toegelaat word om
reëlings te tref om die eerste paaiement oor drie maande af te betaal.
Aansoeke vir NSFAS-hulp vir 2019 het 30 November 2018 gesluit.