Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Biblioteek 1ste Semester Opleidingsprogram 2024
Begin: 30/01/2024, 15:00
Einde: 31/05/2024, 15:00
Kontak:Kirchner van Deventer - 021 808 2623
Plek: Stellenbosch University Library

​​Die biblioteek se reeks opleidingsaanbiedinge is nou beskikbaar. Die #SmartStudent-reeks fokus op kort, instruksionele sessies wat daarop gemik is om kliënte bekend te stel aan belangrike biblioteekfasiliteite en -dienste, soos hoe om die Biblioteekbronne soekstelsel te gebruik, 'n inleiding tot die Innovasieruimte en ook ʼn nuwe sessie oor die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie (KI). Die #SmartResearcher-reeks het ten doel om aan nagraadse studente werkswinkels te bied wat gesentreer is op die navorsingsproses. Dit sluit werkswinkels oor literatuur en sistematiese oorsigte in, hoe om jou tesis in MS Word te formateer, hoe om die EndNote-verwysingsbestuursagteware te gebruik, navorsingsdatabestuur, navorsingsimpak en datavisualisering. Klik hier om die volledige program en al die ander sessies en werkswinkels wat aangebied word, te sien.​