Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging na seminaar: Kwesbaarhede en geleenthede in makrofinansies en makro-ekonomie in die lig van klimaatsverandering
Begin: 06/11/2023, 11:00
Einde: 13/11/2023, 14:00
Kontak:Mlondi Ndovela -
Plek: In-person venue: STIAS, Marais Road, Mostertsdrift, Stellenbosch; Online: Microsoft Teams
Uitnodiging na seminaar: Kwesbaarhede en geleenthede in makrofinansies en makro-ekonomie in die lig van klimaatsverandering

Soos die globale ekonomie in die rigting van ʼn laekoolstofoorgang beweeg, wat is die ekonomiese en finansiële kwesbaarhede en geleenthede verbonde aan die vertraging of bereiking daarvan? Stel die huidige modelleringshulpmiddels ons in staat om hierdie kwesbaarhede genoegsaam te kwantifiseer om ʼn wanordelike laekoolstofoorgang te kan vermy? Onder watter omstandighede word die balans tussen ontkoling en makro-ekonomiese stabiliteit bereik? Dit is enkele van die vrae wat in hierdie seminaar bespreek sal word.

Die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange aan die Universiteit Stellenbosch, in samewerking met die GEMMES-eenheid van die Agence Française de Développement (AFD), nooi jou na die eerste deel van ons seminaarreeks, “Kwesbaarhede en geleenthede in makrofinansies en makro-ekonomie in die lig van klimaatsverandering”. Die seminaar word aangebied deur prof Antoine Godin, ekonoom, modelleerder en hoof van die GEMMES-eenheid.

Datum: Maandag 13 November 2023
Tyd: 14:00 – 16:30 
Kontaksessie: STIAS, Maraisweg, Mostertsdrift, Stellenbosch
Aanlyn sessie: Microsoft Teams

Daar is beperkte ruimte vir bywoning in persoon. Deelnemers wat die kontaksessie bywoon, word genooi om ná die seminaar verversings saam met ons te geniet. Vir bykomende inligting, kontak Mlondi Ndovela by ndovelam@sun.ac.za.