Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nelson Mandela Dag Personeel‑ en Studentewelwees‑ervaring
Begin: 25/07/2023, 11:00
Einde: 25/07/2023, 14:00
Kontak:Chevaan Peters - 0218089140
Plek: Endler Foyer, Conservatorium

25 Julie – Personeel‑ en Studentewelwees‑ervaring

'n Welswees‑ervaring vir personeel en studente is van 11:00 tot 14:00 beskikbaar. Dit behels 'n interaktiewe sifting waar kernliggaamsmetings en bloedtoetse uitgevoer word. Welwees‑siftings is belangrik aangesien 'n mens jou huidige gesondheids‑ en lewenstylrisiko's kan bepaal en raad kan bekom oor hoe om die geïdentifiseerde risiko's te hanteer. 'n Volledige sifting neem tussen 35 en 40 minute om af te handel. Jy ontvang 'n omvattende verslag oor jou gesondheid en welwees ná die sifting.

'n Professionele welwees‑spesialis voer die volgende siftingsevaluerings uit:

  • Glukose-, cholesterol- en bloeddruktoetse
  • 'n Posturale assessering
  • Metings vir gewig, lengte en liggaamsmassa-indeks (LMI)
  • 'n MIV‑toets

Indien jy 'n MIV-toets wil laat doen, verskaf die welwees‑spesialis berading voor en ná die toets afgelê is. Die uitslae van die welwees‑sifting en die MIV-toets word in geheel vertroulik hanteer.

In 'n poging om ons te help om 'n aangename ervaring te verseker, dui asseblief jou belangstelling aan deur hier te klik of bespreek nou jou sitplek vir die Discovery Welsweeservaring.

Al wat jy moet weet

  • Bring jou mediesefondskaart en ID of rybewys saam
  • Trek gemaklik aan – vir sommige ondersoeke moet jy kaalvoet wees (geen sokkies of kouse nie)
  • Vul die voorafassesseringsvraelys in voor jy die Discovery Welweeservaring bywoon. Jy sal ʼn skakel na die vraelys saam met jou besprekingsbevestiging ontvang.

Studentewelwees

Vanaf 12:30 tot 13:30 sal 'n kort boodskap afgelewer word aan personeel en studente ter ondersteuning van welwees​ ​en word die vul-'n-boks-/trollie-inisiatief bekend gestel wat die voedselonsekerheid van studente op US‑kampusse wil verlig.

Personeel en studente word op koffie en pannekoek getrakteer, en ontvang hand-, skouer- of kopmasserings en koopbewyse op die grondslag van eerste daar, eerste klaar.

Ander aktiwiteite tydens Mandela Maand sluit in:

25 Julie – BASK (Baccalaureus Artium Studentekomitee) se Toebroodjie‑veldtog

Die Baccalaureus Artium Studentekomitee in samewerking met die Rampeenheid van die Stellenbosch Munisipaliteit gaan 67 minute lank 67 hoendermayonnaise‑toebroodjies berei. Die studente verpak die toebroodjies en lewer dit by kwesbare persone af.

Die toebroodjie‑veldtog vind by die Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou plaasvind. Kontak me Eyethu Mbele by 24950467@sun.ac.za vir meer inligting.

26 Julie – Mandela Dag‑lesing (Transformasiekantoor)

Van 17:00 tot 19:00 bied die Universiteit Stellenbosch Museum die Transformasiekantoor se Mandela Dag-lesing aan. Meer besonderhede en inligting oor die lesing word later gedeel. Vir meer inligting en navrae kontak me Shanté Neff by shante@sun.ac.za.

27 Julie – Red Lewens Skenk Bloed

Plek: Langs VV Saal by die Neelsie

Personeel en studente word uitgenooi om langs die VV Saal by die Neelsie 27​ Julie, van 09:00vm – 16:00nm, te gaan bloed skenk ten einde die bloedbanke aan te vul en lewens te red. Kontak me Nicky Adams by nadams@sun.ac.za vir meer inligting,​