Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
AI² x Auxin: KI-bevorderde leer
Begin: 23/05/2023, 12:45
Einde: 23/05/2023, 13:45
Kontak:Lucy Lucks / Simbongile Ntwasa - 021 808 3717
Plek: Virtual: MS Teams

Met kunsmatige intelligensie (KI) wat die wêreld vinnig verander, het die hoër onderwyssektor die uitdaging om ons doel te herbedink én om studente toe te rus met die vaardighede wat nodig is vir 'n KI-toekoms. In hierdie tweede AI² x Auxin-sessie kyk ons hoe KI by ons leerpraktyke ingesluit kan word. 

Daar word gesteun op Aoun (2017) en McKenna (2023) om vas te stel watter vaardighede studente kan verwerf om "robot-bestand" te wees en tot diens van die samelewing te wees. Met Dai, Lui & Lim (2023) se beskrywing van ChatGPT as 'n fasiliteerder (“enabler") in die hoër onderwys-omgewing, stel ons dit voor as 'n hulpmiddel wat studente se selfgereguleerde leer kan bevoordeel en die leerproses kan versterk. Ons stel 'n oopkop, maar kritiese benadering tot die gebruik van KI vir leer voor. 

Dr. Albert Strever van die Departement van Landou Ekonomie demonstreer hoe hy ChatGPT in voorgraadse leerpraktyke benut. Die geleentheid sluit af met 'n vrae en antwoorde-sessie, bring dus gerus enige vrae.



The Sprekers

Dr. Albert Strever is 'n seniorlektor in die Departement wingerd- en wynkunde in die Fakulteit AgriWetenskap en koördineer die innovering- en ondernemingsaktiwiteite in die fakulteit. Alhoewel hy in wingerdkunde gespesialiseer het en steeds in die veld onderrig, het sy werk met INNOVUS en Launchlab, asook sy betrokkenheid in die Winetech-innovasiekomitee om nuwe besigheidsidees en ontwikkeling in die landbou te bevorder, gelei tot 'n ambisie om in entrepreneurskap en innovasie/tegnologie-integrasie in hoër onderwys te spesialiseer.

Op verskeie forums en platforms voer hy gesprek oor die gebruik van KI in onderrig, leer en assessering, en hy benut tans hierdie tegnologie vir leer in die voorgraandse modules (onder meer entrepreneurskap) waarby hy betrokke is. Dr. Strever neem ook tans deel aan die Teaching Advancement at University (TAU) Fellowship-program.

Dalene Joubert is ʼn adviseur by die US se Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL). Sy het ʼn gedeelde meestersgraad van die US en die Universiteit van Leiden, 'n nagraadse onderwyssertifikaat van Unisa, en is tans besig met haar PhD in Vertaling aan US. Dalene het 'n passie vir leer en onderrig, en is al vir meer as 'n dekade in dié ruimte werksaam. Sy het aan beide die Rhodes Universiteit en US doseer, en was voorheen ook 'n taalsonderwyser by Paul Roos Ginmasium. Sy verken tans die raakpunte tussen kunsmatige intelligensie en onderrig, leer en assessering in die US-konteks. Dalene administreer en is betrokke by die ontwikkeling van twee kortkursusse in KI-geletterdheid vir hoër onderwys – een vir die US asook 'n StellenboschX-kursus.​


Navrae & Bespreking​
Click here to join the meeting

Lucy Lucks / Simbongile Ntwasa 
llucks@sun.ac.za / sim@sun.ac.za
021 808 3717


Meer oor Auxin