
Auxin
Die oorsprong van die naam
“Auxin” is Grieks (auxano) en beteken om
“te groei”.
Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) het die Auxins begin in die uitvoering van hulle taak om US-akademici met hulle onderrigverantwoordelikhede by te staan. Om meer oor die Auxins te lees,
kliek hier.
Die doelwit van die Auxins is om vir US-akademici die volgende groeigeleenthede te skep:
- Toonvensters vir innoverende onderrig- en assesseringspraktyke op kampus
- Geleenthede vir akademici om hulle kennis oor onderwerpe in die arena van onderrig en leer aan die US, waarin hulle self belangstel, te ondersoek en te verdiep
- 'n Padkaart vir akademieskap vir onderrig en leer as deel van die algehele groeiproses vir dosente om reflektiewe dosente te word.
Vir hulpbronne van vorige Auxins,
kliek hier.
2020 Auxins
September 22
Prof Geo Quinot
Topic: Hoër onderwys in gemeenskap – samewerkende hoër onderwys, ’n etiek en pedagogie van omgee en Ubuntu.
Augustus 25
Salisha Maharaj en Dr Christina van der Merwe
Topic: Noodmigrasie na aanlynleer in Covid-19: Impak op geestesgesondheid en welstand van dosente en ander universiteitspersoneel.
28 Julie 2020
Prof Karin Baatjes
Topic: Onderrig en leer in die nexus tussen teorie en praktyk
26 Mei 2020
Prof Mbulungeni Madiba
Topic: Die implementering van multitaligheid in SA universiteite: dilemmas en innoverings
28 April 2020
Dr Maricel Krügel
Topic: Aanlyn onderrig en die ontwerp daarvan