Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
ANO Inligtingsessie: Navorsingsintegriteit en Etiek Reeks (sessie 3): Sorg en Gebruik van Diere
Begin: 20/02/2023, 12:00
Einde: 20/02/2023, 14:00
Kontak:Fadwha Patel -
Plek: Online // Aanlyn

​Hierdie sessie sal 3 kort aanbiedings insluit, onderskeidelik deur prof Dirk Bellstedt, Voorsitter: Navorsingsetiekkomitee: Sorg en Gebruik van Diere (NEK: SGD), dr Este Spies, Direkteur: Dierenavorsingsfasiliteite en Hoofveearts (Dierefasiliteite vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) en Fakulteit Natuurwetenskappe, en mnr Winston Beukes, Koördineerder: NEK: SGD. Hierdie sessie sal 'n inleiding en oorsig gee van die etiek van die Sorg en Gebruik van Diere vir wetenskaplike doeleindes en waarom dit belangrik is, asook die verskeie dienste wat deur die US dierefasiliteite aangebied word. Voorts sal daar inligting gegee word oor beleide en prosedures relevant tot die etiek van die sorg en gebruik van diere vir wetenskaplike doeleindes. Daarna sal die vloer oop wees vir bespreking. Ons moedig deelnemers ook aan om hierdie geleentheid te gebruik om vrae te vra oor die US-ondersteuningstrukture wat vir dierenavorsingsetiek in plek is.

Stuur gerus `n epos aan Fadwha Patel (fadwha@sun.ac.za) om te registreer. `n Skakel na die aanlyn sessie op MS Teams sal per epos aan alle geregistreerde deelnemers gestuur word.