Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Navorsing oor gesondheidskommunikasie: Die krag van fotoromans en karaktersketse
Begin: 04/11/2022, 12:00
Einde: 04/11/2022, 13:30
Kontak:Susan Lotz - 0218082167
Plek: Kleine bosch, Seminaar room, 44 Banhoek Rd


Die US Taalsentrum bied ʼn praatjie oor gesondheidskommunikasienavorsing aan waartydens drie dinamiese navorsers sal vertel waarmee hulle tans besig is. Woon gerus die geleentheid in lewende lywe of aanlyn by.

Dr Burt Davis (Senior lektor, Afrikasentrum vir MIV/Vigsbestuur, US) en prof Carel Jansen (Navorsingsgenoot, US Taalsentrum; Emeritusprofessor in Kommunikasie- en Inligtingstudies, Universiteit van Groningen) sal meer vertel oor hul ondersoek na die doeltreffendheid van ʼn 'fotonovela' – of fotoroman – om voorkomende gesondheidsinligting oor tipe 2 diabetes aan die algemene publiek oor te dra. Verder sal prof Elizabeth Lubinga (Departementshoof, Departement Strategiese Kommunikasie, Universiteit van Johannesburg) bespreek hoe die gebruik van vinjette, oftewel karaktersketse, gehelp het om gemengdegeslaggesprekke oor kankervoorkoming onder universiteitstudente aan te moedig en uit te lok.

Lees hier meer oor die aanbieders en hulle navorsing.

​Plek: Kleine Bosch-seminaarlokaal (Banhoekweg 44, Stellenbosch)
Datum: Vrydag 4 November
Tyd: 12:00 tot 13:30, verversings beskikbaar

RSVP: Teen 1 November by Susan, slotz@sun.ac.za; e-pos haar ook vir die skakel om aanlyn by te woon.