Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Fisika Colloquium: X-STRAAL GEBASEERDE 3D HISTOLOGIE VAN BIOLOGIESE WEEFSELS
Begin: 16/09/2022, 12:00
Einde: 16/09/2022, 13:00
Kontak:Sandra Josias - 0218083391
Plek: Lecture Hall Delta (Room 1011), Merensky Building

​Biologiese weefsels is hoogs kompleks in hul samestelling en mikrostrukturele organisasie.  Die 3D ruimtelike organisasie van die weefselbestandele, soos proteïene, selle, esktrasellulêre matriks (ECM) of funsksionele eenhede, is deurslaggewend vir ‘n behoorlike in vivo funksioneering.  Om die effek van ‘n patologie op die funksionering van ‘n weefsel beter te verstaan, sal visualisering en karakterisering van die 3D-mikrostruktuur en samestelling van hierdie weefselbestanddele dus noodsaaklik wees.  Metings wat in 2D gemaak word, openbaar egter net gedeeltelik die volle 3D mikrosturktuur.  Inderdaad, konvensionele, en selfs digitale 2D histologie assessering is grootliks onbevredigend vir ruimtelike assessering van biologiese weefsels, omdat di beperkte snit-oriëntasie en die beperkte diepte-resolusie slegs gedeeltelik hul volle 3D-morfologie openbaar, maar ook omdat hulle nie reproduseerbaarheid op groot skaal het nie.  In hierdie oorsig word die potensiaal en toegevoegde waarde van kontras-versterkte X-straal mikfrofokus rekernaartomografie (CECT) vergelyk met konvensionele 2D histologiee beeldtegnieke.  CECT is ‘n baie onlangse ontwikkeling in die mikroCT beelding veld en laat X-straal-gebaseerde 3D histologie van beide sagte en gemineraliseerde weefsels toe.  Tans fokus ons op die verdere ontwikkeling van nuwe, weefselspesifikasie kontrasversterkende kleurmiddels, op die kombinasie met diepleer-gebaseerde beeldanalise vir verbeterde kwantitatiewe 3D-analise van die CECT-datastelle, en op 4D-CECT, wat in-situ meganiese toetsing met CECT beelding; dit alles om die kennis oor die verband tussen die mikrostruktuur van ‘n weefsel en sy funksionele gedrag verder te verbeter.​