Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Boekbekendstelling by AVReQ: Queer Activism in South African Education (Routledge) deur Dennis Francis
Begin: 31/08/2022, 12:30
Einde: 31/08/2022, 14:00
Kontak:Westley Ceasar -
Plek: AVReQ Offices, GG Cillie Building, Ryneveld Street

​Op Woensdag 31 Augustus 2022 (12:30 -14:00) word Professor Dennis Francis (SU) se boek Queer Activism in South African Education: Disrupting Cis(hetero)normativity in Schools (Routledge) bekend gestel by die Centre for the Study of the Afterlife of Violence and the Reparative Quest (AVReQ). Professor zethu Matebeni (UFG) sal met Professor Francis in gesprek wees.

Die boekbekendstelling sal in persoon plaasvind vanaf 12:30 tot 14:00 by AVReQ se kantore (GG Cillie gebou, Ryneveldstraat), en ook aanlyn.

Kliek hier om te registreer vir bywoning in persoon.

Kliek hier om te registreer vir aanlyn bywoning.

Meer oor die sprekers:

Dennis Francis is 'n akademikus en aktivis wie se werk te doen het met vrae rondom gender, seksualiteit en onderwys. Dennis is voormalige Dekaan van Opvoedkunde en tans professor in Sosiologie by Stellenbosch Universiteit. Hul navorsing, in die sosiologie van opvoedkunde, is gerig op hoe opvoedkundige strukture, diskoerse en praktyke cisheteronormatiwiteit en sosiale ongelykheid in skole herproduseer, en ook hoe dit uitgedaag word.

 Zintombizethu (zethu) Matebeni is 'n sosioloog, aktivis en skrywer wie se werk gerig is op die ontwikkeling van queerstudies uit Afrika. Sy het al gewerk by verskeie universiteite in Suid-Afrika en die VSA en was deel van verskillende dekoloniserende intervensies, insluitende #RhodesMustFall en die Black Academic Caucus by die Universiteit van Kaapstad. zethu het al verskeie volumes oor LGBTQI lewe geredigeer, insluitende Reclaiming African: queer perspectives on sexual and gender identities (Modjaji, 2014); Queer in Africa: LGBTQI Identities, Citizenship and Activism (Routledge, 2018); en Beyond the Mountain: queer life in 'Africa's gay capital' (UNISA Press, 2021). zethu hou die NRF Leerstoel in Seksualiteit, Gender en Queerstudies aan die Universiteit van Fort Hare.

Meer oor die boek:

Queer Activism in South African Education: Disrupting Cis(hetero)normativity in Schools bied 'n noodsaaklike perspektief op debatte oor gender, seksualiteit en onderwys in Suid-Afrika, en is gerig op hoe opvoedkundige strukture, diskoerse en praktyke cisheteronormatiwiteit en sosiale ongelykheid in skole herproduseer, en ook hoe dit uitgedaag word deur hedendaagse vorme van aktivisme. Die boek bied vars insigte oor die bestaande letterkunde oor gender, seksualiteit en onderwys; en dit beklemtoon ook die belangrike bydrae wat queer- en transgender sosiale bewegings gemaak het in die onderwys. Die boek kyk na etnografiese navrosing met queer en transgender aktiviste, onderwysers, skoolbestuurders, ouers, en leerders, en bied alledaagse aanhalings en waarnemens wat 'n kritiese bydrae lewer tot debatte oor die betrokke onderwerpe.