Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch-Rostock Septuaginta Kongres oor die Teologie van die Septuagint
Begin: 30/09/2022, 17:00
Einde: 02/10/2022, 18:00
Kontak:Prof. Johann Cook -
Plek: Department of Ancient Studies, Stellenbosch University / Departement Antieke Studie, Universiteit Stellenbosch

​Die Stellenbosch-Rostock Septuaginta Kongres oor die Teologie van die Septuagint sal in die naweek van 30 September tot 2 Oktober 2022 in die Departement Antieke Studie van die Universiteit Stellenbosch (US) plaasvind. Hierdie kongres dien as opvolg van 'n soortgelyke kongres wat in Augustus 2018 op dieselfde plek aangebied is. Die tema van hierdie kongres was “Toward a Theology of the Septuagint". Daar is die vraag of dit inderdaad nodig en moontlik is om 'n teologie van die Septuagint te formuleer, aan die orde gestel en positief beantwoord. Die tema van die konferensie van 2022 is “Theology and the Theological Reception of the Septuagint". Die kongres van 2022 is 'n ware internasionale kongres. Dit word deur drie kollegas aangebied, twee van Duitsland, Prof. Martin Rösel van die Universiteit Rostock (en besoekende Professor aan die teologiese fakulteit van die US) en Prof. Wolfgang Kraus van die Universiteit Saarland, sowel as Prof. Johann Cook, emeritus van die Universiteit Stellenbosch. Twee-en-twintig geleerdes van regoor die wêreld sal aan hierdie kongres deelneem. Sewe geleerdes sal d.m.v. Zoom-fasiliteite deelneem. Daarnaas sal 40 nagraadse studente van die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch via Zoom aan die konferensie deelneem.