Kontak:sharonh@sun.ac.za
-
Plek: Radisson Blu Hotel Waterfront, Cape Town
Die Sentrum vir Mediese Etiek en Regte, Universiteit Stellenbosch, en die Sentrum vir Bio-etiek, Universiteit van Noord-Carolina, bied saam 'n Navorsingsetiekseminaarreeks oor Groot Data en Kunsmatige Intelligensie (KI) in Gesondheidsnavorsing: Etiese, Regs- en Sosiale kwessies (ELSI) aan by die Radisson Blu Hotel Waterfront, vanaf 26 tot 28 Oktober 2022.
Die seminaar sal opwindend en insiggewend wees vir beide NEK-lede en navorsers. Nasionale en internasionale sprekers sal huidige en pertinente onderwerpe wat met datawetenskap en etiek verband hou bespreek.
Die sluitingsdatum vir registrasie is 10 Oktober 2022.