Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons vier Nasionale Wetenskapsmaand
Begin: 16/08/2022, 12:00
Einde: 25/08/2022, 15:00
Kontak:Maambele Khosa -
Plek: Neelsie Cinema

​Die Fakulteit Natuurwetenskappe vier Nasionale Wetenskapsweek met 'n reeks praatjies en aktiwiteite in die maand van Augustus. Dit sluit 'n loopbaanuitstalling in die biologiese, fisiese en wiskundige wetenskappe in, 'n kykie na die lewe en werk van 'n vroue wiskundige, en die waarde van fundamentele navorsing. Die aktiwiteite word ondersteun deur die Academy of Science of South Africa (ASSAf) en die Internasionale Jaar van Basiese Wetenskappe vir Volhoubare Ontwikkeling (IYBSSD).

Klik hier om te registreer vir die geleenthede hieronder - https://forms.office.com/r/trLJKQj00C

16 & 17 August  I  13:00-14:00  I  MS Teams

Nagraadse studente in die Departemente Mikrobiologie, Biochemie en Genetika deel hul navorsingsprojekte met die temas "Molekulêre oplossings vir 'n volhoubare Afrika" en "Antimikrobiese ontwikkeling vir gesondheid". Klik hier​ om aan te sluit of stuur 'n e-pos aan trudy@sun.ac.za

Maandag 22 Augustus  I  12:00-15:00  I  Neelsie Cinema

Loopbane in die Biologiese Wetenskappe: Gesels met verteenwoordigers van Distell, Axiology Labs, Inizio Medical, die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) en die SAPD Forensiese Dienste Laboratorium. Die paneelbespreking vind tussen 12:00-14:00 plaas, en van 14:00-15:00 kan studente direk met die verteenwoordigers gesels in die Neelsie Cinema se foyer. 

Dinsdag, 23 Augustus  I  12:00-15:00  I  Neelsie Cinema

Loopbane in die Fisiese en Wiskundige Wetenskappe: Gesels met verteenwoordigers van GEOSS, Reutech, SASOL en die SAPD Forensiese Dienste Laboratorium. Die paneelbespreking vind tussen 12:00-14:00 plaas, en van 14:00-15:00 kan studente direk met die verteenwoordigers gesels in die Neelsie Cinema se foyer. 

Dinsdag, 23 Augustus  I  18:00-20:00  I  Neelsie Cinema

Fliek-aand: “Secrets of the Surface" oor die lewe en werk van Maryam Mirzakhani, die eerste vroue wiskundige om die Fields Medalje te wen. Dr Bruce Bartlett en Dr Karin-Therese Howell sal gesels oor die impak en betekenis van haar werk. Gratis springmielies vir diegene wat bywoon!

Woensdag, 24 Augustus I  12:30-14:00  I  Neelsie Cinema

Is die wetenskappe nog relevant?  Prof Len Barbour gesels oor die belangrikheid van fundamentele navorsings. Hy is 'n uitgelese professor in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap. Gratis springmielies vir diegene wat bywoon!

Donderdag, 25 Augustus  I  12:00-15:00  I Academia-saal, Bosmanstraat

Loopbane in Rekenaarwetenskap en Datawetenskap

Slegs vir studente van die Fakulteit Natuurwetenskappe

Donderdag 25 Augustus  I  16:00-18:30  I  STIAS

Bekendstelling van die Wiskunde en Wetenskap Onderwysersnetwerk. Navra: maambele@sun.ac.za