Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging: Biblioteeknavorsingsweek 2022
Begin: 03/05/2022, 12:00
Einde: 20/05/2022, 12:00
Kontak:Kirchner van Deventer - 0218082623
Plek: Webinars

Besprekings vir Biblioteeknavorsingsweek is nou oop!

Die amptelike bekendstelling van Biblioteeknavorsingsweek 2022 vind op Maandag, 16 Mei plaas. Dit sal in die vorm van 'n paneelbespreking aangebied word met die tema etiese kwessies in die navorsingsproses. Paneellede sluit in mnr Jerall Toi, dr Marilize Burger en me Katlego Mthelebofu. Die fasiliteerder sal prof Ronelle Carolissen van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe wees. Gaste is welkom om hier te registreer om die bekendstelling in persoon by te woon of hier om in te skakel via die YouTube kanaal.​

Die reeks webinare wat tydens Biblioteeknavorsingsweek aangebied word, is gebaseer op die tema “Mapping your Research Journey”.

Besoek gerus die webblad vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

Vir navrae kontak Marie Roux, e-mail: mr@sun.ac.za​ tel: 021 808 9917 / 082 778 0873.​