Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Toneel aankondiging: Intimate Apparel
Begin: 06/05/2022, 19:30
Einde: 14/05/2022, 10:00
Kontak:Brenda Chordnum - +27745160632
Plek: Adam Small Theatre Complex

Die US Drama Departement bied met trots aan die toneelstuk Intimate Apparel deur Lynn Nottage, 'n bekroonde Afri-Amerikaanse dramaturg en dubbelwenner van die Pulitzerprys vir Drama. Nottage gee tans klas in kreatiewe skryfkuns by Columbia Universiteit en het al talle toekennings vir haar werk ontvang.

'n Diverse studentegeselskap vertel die verhaal van hierdie roerende, tog humoristiese drama wat in 1912 in New York afspeel. Vir werkende mense van kleur was die lewe moeilik. Ons ontmoet vyf karakters in slaap vertrekke versprei deur Lower Manhattan. Esther is 'n enkel, swart vrou wie eksotiese onderklere maak vir ryk sosiale vlinders en ander wie dit kan bekostig. Hulle neem haar in hulle vertroue oor hulle ongelukkige huwelike. Sy hunker na liefde en haar eie huis en wens dat sy uit die losieshuis waar sy so baie jare woon kan ontsnap. 'n Karibbiese man wat in Panama werk bevriend haar en skryf intieme briewe. Hy sien Amerika as die land van vinnige geld en dis net hier waar Esther moeilikheid begin optel…

Esther het 'n paar goeie, onafhanklike damesvriende en kliënte, soos Mayme die aantreklike prostituut, die ouer en wyse Mev Dickson wie die losieshuis besit, en Mev Van Buren 'n blanke sosiale vlinder wat daarna smag om die verveling van haar lewe en haar torrerige man te ontsnap. Daar is ook die goedhartige, Romeens-Joodse Mnr Marks, wie soos Esther, lief is vir mooi materiaal en  belang stel in haar ten spyte van hul kulturele verskille. Esther val egter vir die man van Barbados en verloor haarself amper. Die toneelstuk verken hierdie karakters se probleme en vreugdes en, soos die lappe in 'n fyn gestikte kwilt, hulle verbondenheid. Dit is pragtig gemaakte 'intimate apparel' wat hierdie vroue bymekaar hou en op die ou end hoop verskaf.

Kom geniet lewendige dialoog, 'ragtime' musiek en kyk of die kwessies van ras, klas en susterskap vir eensame vrouens, en ook mans, al verander het in hierdie groot stad van immigrante.

Die regie is deur Sukki Hofmeyr en die speelvak is vanaf Vry 6, Sat 7 Mei 19.30 en weer vanaf Di 10 tot Sat 14 Mei 19.30 in die Adam Small  Auditorium van die Teaterkompleks in Stellenbosch. Daar is ook 'n matinée op Sat 14 Mei om 14:00. Die vertoning duur sowat 1 uur 45 minute met 'n kort pouse.

Kaartjies is R80 en kan aanlyn op Quicket www.quicket.co.za of by die deur gekoop word (eie risiko indien uitverkoop). Sitplekke is beperk tot halfkapasiteit. Daar is 'n geen onder- 12 beperking. Toneelgangers word vriendelik versoek om maskers te dra.