Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Besinning oor geloof en kulturele insluiting
Begin: 23/06/2022, 10:30
Einde: 23/06/2022, 12:30
Kontak:Grizelda Adams -
Plek: MS Teams

​Die werkswinkel is daarop gemik om deelnemers uit te nooi tot 'n dieper begrip van die belofte en die slaggate rondom die komplekse interaksie tussen geloof en kultuur in ons Suid‑Afrikaanse geskiedenis en die huidige US‑konteks. Die fasiliteerders put uit hul eie beliggaamde ervarings binne die rasgebonde kontekste van Suid‑Afrika en veral die Universiteit Stellenbosch om twee hooftemas uit te lig:

·     die toksiese potensiaal wat geloof en kultuur as bydraende faktore tot uitsluiting en ontmensliking inhou; en

·     die kreatiewe, humaniserende belofte wat geloof en kultuur vir werklike inklusiwiteit met sosiale geregtigheid inhou.

Omtrent die fasiliteerders:

Dr Wilhelm Verwoerd – synde 'n wit, Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner, 'n voormalige navorser vir die Suid-Afrikaanse Waarheids- en Versoeningskommissie (1995-1998), en 'n vredespraktisyn in (Noord-)Ierland (2001-2012) – wy hom toe aan (her)humanisering/versoening binne kontekste van diepe politieke verdeeldheid. Hy werk tans aan 'n boek gebaseer op 'n internasionale “Beyond Dehumanisation"‑ reflektiewe leerprojek met oud-vegters en oorlewendes van die konflik in en oor Noord-Ierland, Israel‑Palestina, Suid-Afrika, en die VS. Sy vernaamste navorsingsbelangstellings sluit in die (onvolledige nalatenskap van die) Suid-Afrikaanse Waarheids- en Versoeningskommissie; die gedeelde historiese verantwoordelikheid van wit Suid-Afrikaners vir apartheid en kolonialisme; relasionele prosesse om (wit) weerstand teen sosiale geregtigheid in post-1994‑Suid-Afrika te transformeer; en die beliggaamde spiritualiteit van outentieke versoening.

Dr Wilhelm Verwoed.jpg

 

Me Ayanda Nyoka werk die afgelope 15 jaar in die openbare sektor, die nieregeringsektor, en filantropie. Sedert 2011 fokus haar werk op die byeenbring en fasilitering van dialoog oor kwessies rakende sosiale geregtigheid en versoening in Suid-Afrika, ingesluit beleidsvoorspraakwerk. Ayanda deurloop tans 'n residensiële Meestersgenootskap in die Leerstoel vir Historiese Trauma en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch. Haar tesis ondersoek die verhouding tussen trauma en spiritualiteit in die lewe van swart Suid‑Afrikaanse vroue in die Pinkster-Christendom. Ayanda beskik oor 'n BA van die UWK en 'n BA Hons (Politieke Wetenskap) van die UK.

Ms Ayanda Nyoka.jpg