Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Visuele regstelling en die US institusionele kultuur
Begin: 27/05/2022, 10:30
Einde: 27/05/2022, 12:30
Kontak:Grizelda Adams -
Plek: MS Teams

​Die aanbieding behels 'n kritiese bespreking van visuele regstelling aan die Universiteit Stellenbosch (US) as 'n voorbeeld van wat die US “institusionele transformasie" noem. Dit behels die beskouing van 'n reeks institusionele spelers oor die hele Universiteit heen wat generatiewe werk op die gebied van visuele regstelling doen. Visuele regstelling (VR) verwys na prosesse wat veranderinge aan die Universiteit se visuele kultuur insluit en restitusie, inklusiwiteit, en institusionele kohesie bevorder. Dit hou verband met die aktiwiteite wat onderneem word om die Universiteit se simbole, name, standbeelde, en institusionele ruimtes te verander. Dit verwys ook na die ontwikkeling van nuwe visuele simbole en ikone wat die tydsgees van demokratiese verandering op die Universiteit se kampusse verteenwoordig. Die diskoers is verskuif van 'n diskoers oor rasse‑uitsluiting na 'n diskoers wat die Universiteit se simboliese verbintenis tot regstelling, restitusie en insluiting beklemtoon. Tydens die VR‑projek was 'n praktyk wat op inklusiewe, deelnemende dialoog gerig is die sleutel tot die bewerkstelliging van die VR‑aktiwiteite en ‑uitkomste. Die aanbieding sluit af met 'n bespreking van die normatiewe en praktykverwante voorwaardes van die volgende fase van visuele regstelling, wat die Universiteit se transformasieverpligtinge wil versterk.