Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Outo/biografie, geskiedenis en nagedagtenis in Suid-Afrika
Begin: 07/04/2022, 15:00
Einde: 07/04/2022, 16:00
Kontak:Dr Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS TEAMS

Die Universiteit Stellenbosch-museum nooi u uit na ʼn bespreking oor: Outo/biografie, geskiedenis en nagedagtenis in Suid-Afrika 

Aanbieders

Dr Sibongiseni Mkhize

Dr Mkhize het ʼn PhD in Geskiedenis verwerf aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy belangstellingsveld is die twintigste-eeuse geskiedenis van KwaZulu-Natal, met spesifieke klem op biografiese studies en politieke mobilisasie in die Natalse Middelande gedurende die 1950's en 1980's. Hy is die outeur van Principle and Pragmatism in the Liberation Struggle: A Political Biography of Selby Msimang, wat in 2019 gepubliseer is. Hy is ook die outeur en mede-outeur van navorsingsartikels oor die kunste, kultuur en erfenis in Suid-Afrika, asook oor die evolusie van tradisionele leierskap in die eThekwini-munisipaliteit. Hy is die voormalige hoof van die Msunduzi- en Ncome-museums, die Robbeneiland-museum en die Markteaterstigting, en is tans die hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Staatsteater.

Dr Bongani Ndhlovu

Dr Ndhlovu het ʼn PhD in Geskiedenis van die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy is die uitvoerende direkteur van kernfunksies by die Iziko-museums van Suid-Afrika en het meer as twee dekades ervaring in die erfenis-sektor. In hierdie sektor het hy onder meer gewerk vir die KZN-museumdiens, die Voortrekkermuseum (nou die Msunduzi-museum), die Ncome-museum, en die Transvaal-museum (nou die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum). Hy het gedien op die bestuur van ICOM-SA, ICMAH, SAMA, die Talana-museum, Dundee Toerisme, Vryheid Toerisme en Nquthu Toerisme. Ndhlovu se akademiese belangstelling is geskiedenis, erfenis en outo/biografiese narratiewe. Sy nuutste publikasies sluit twee afsonderlike hoofstukke in waarvan hy mede-outeur was en wat verskyn het in die geredigeerde boek, Public History, Heritage and Culture in South Africa: The Struggle Continues.

Dr Mxolisi Dlamuka 

Dr Dlamuka het vir die afgelope 20 jaar in museums en in die erfenis-sektor gewerk as ʼn versamelingsbestuurder, navorser, kurator, adviseur en erfenispraktisyn. Hy het ʼn PhD in Geskiedenis van die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy navorsingsbelangstellings fokus op die produksie van Harry Gwala se politieke biografie, bevrydingsnarratiewe en die produksie van geskiedenisse in die laat negentiende- en twintigste-eeuse Natal en Zoeloeland. Hy is ʼn voormalige hoof- uitvoerende beampte van Erfenis Wes-Kaap en is nou gebaseer in Pietermaritzburg, waar hy die hoof- uitvoerende beampte is van die KwaZulu-Natal Amafa- en Navorsingsinstituut.

 

Moderator

Dr Geraldine Frieslaar (Kurator vir Navorsing, Dialoog en Sosiale Geregtigheid, Universiteit Stellenbosch-museum)

 

Datum: Donderdag 7 April 2022

Tyd: 15:00 – 16:00 (SAST)

Webinaar: MS Teams​


Klik asseblief op die skakel hier onder om te registreer:

JustConversations