Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Biblioteek webinare vir April 2022
Begin: 17/03/2022, 09:00
Einde: 30/04/2022, 09:00
Kontak:Kirchner van Deventer/Jeremiah Pietersen -
Plek: Webinars

#SmartStudent

Hierdie program is ontwikkel om studente en personeel van inleidende sessies aan biblioteekverwante onderwerpe te voorsien. Vir hierdie doel is hierdie sessies slegs 30 minute lank en u is welkom om enige vrae saam te bring. Daarbenewens het ons 'n paar video-tutoriale ontwikkel vir vinnige hulp.

Verwysing 101

Hierdie werkswinkel sluit 'n inleidende sessie in oor die Universiteit Stellenbosch se belangrikste verwysingsstyle en hoe om korrek te verwys. 'n Oorsig van redes waarom verwysings belangrik is en sommige beste praktyke sal ook ingesluit word.

Datum: Woensdag, 6 April, 12h00 – 12h30

Bespreek hier

Inleiding tot die biblioteek

Dit is 'n basiese oriëntering vir kliënte nuut aan die Universiteit Stellenbosch wat nie die geleentheid gehad het om enige ander oriënteringsessie by te woon nie.

 

Datum: Maandag, 11 April, 12h00 – 12h30

Bespreek hier

Introduction to the Stellenbosch University Library Makerspace

This introduction to the new Library Makerspace will help you to determine which of the services and equipment you would find useful and how to get further training.

Date: Monday, 11 April, 14h00 – 14h30

Bespreek hier

E-boekewerkswinkel

Leer meer oor die biblioteek se e-boekversameling en leer hoe om e-boeke optimaal te gebruik.

Datum: Dinsdag, 19 April, 12h00 – 12h30

Bespreek hier

#SmartResearcher

Hierdie werkswinkels is gemik op nagraadse studente, opkomende navorsers en akademiese personeel en dié sessies se fokus is op die navorsingsproses. Die sessies wissel in lengte na gelang van die onderwerp, maar hulle dek 'n wye reeds onderwerpe wat verband hou met die nagraadse navorsingsreis.

Oorsig van sagteware vir effektiewe data analise en visualisering 

'n Oorsig van gratis sagteware vir data-analise en datavisualisering sal aangebied word. Hierdie programme is nuttig vir statistiese ontleding, visualisering, kartering, datasuiwering en die digitale geesteswetenskappe.

Datum: Dinsdag, 5 April, 14h00 – 16h00

Bespreek hier

Hoe om 'n literatuuroorsig te doen

In hierdie webinaar sal deelnemers leer wat 'n literatuuroorsig is en die verskillende tipes literatuuroorsigte. Hulle sal beste praktyke vir die uitvoer van 'n literatuuroorsig leer deur met hul onderwerp te werk, die literatuuroorsig te struktureer en hoe om literatuur krities te ontleed.

Datum: Donderdag, 7 April, 14h00 – 16h00

Bespreek hier

Mendeley vir verwysingsbestuur en
akademiese samewerking

Die bestuur van jou verwysings kan 'n uitdagende taak wees. Hierdie werkswinkel sal jou bekendstel aan Mendeley, 'n gratis hulpmiddel wat hoofsaaklik op verwysingsbestuur fokus. Mendeley bied verskeie dienste, insluitend verwysingsbestuur, organisering en annotasie van PDF-dokumente en akademiese samewerking.

Datum: Dinsdag, 12 April, 11h00 – 12h30

Bespreek hier

Beginsels van data visualisering

Hierdie werkswinkel sal die sleutelbeginsels dek om in gedagte te hou wanneer jy jou visualiserings beplan, van die keuse van die beste visualiseringstipe vir jou data tot die effektiewe gebruik van kleur, narratief, ens.

Datum: Woensdag, 13 April, 11h00 – 12h30

Bespreek hier

Verbeter die sigbaarheid van jou navorsingsuitsette deur middel van selfargivering 

Die Universiteit Stellenbosch se institusionele beleid oor die selfargivering van navorsingsuitsette word saamgestel deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens. Die nakoming van hierdie beleid, wat navorsers vra om kopieë van hul navorsingsuitsette in SUNScholar, ons institusionele bewaarplek te deponeer, kan die sigbaarheid en impak van navorsingsuitsette aansienlik verhoog. Hierdie werkswinkel sal deelnemers meer leer oor die beleid en hoe om aan die beleid te voldoen om toegang tot en sigbaarheid van hul navorsingsuitsette te verbeter.

Datum: Dinsdag, 19 April, 14h00 – 15h30

Bespreek hier

Inleiding tot data visualisering met Tableau en RAWGraphs

Hierdie werkswinkel sal 'n inleidende kursus wees om jou data deur middel van Tableau Public en RAWGraphs te visualiseer. Albei is gratis produkte en redelik gebruikersvriendelik.

Datum: Woensdag, 20 April, 11h00 – 13h00

Bespreek hier

Hoe om die Institusionele Navorsingsdatabewaarplek, SUNScholarData, te gebruik

Meeste befondsers maak die deponering van data verpligtend, wanneer dit deel is van die navorsingsproses wat deur hul befonds word. Hierdie werkswinkel sal 'n oorsig gee van navorsingsdatabewaarplekke en demonstreer die wyse waarop die US se Institusionele Navorsings-databewaarplek funksioneer.

Datum: Donderdag, 21 April, 11h00 – 13h00

Bespreek hier

Wenke oor hoe om jou tesis te formateer (MS Word)

Hierdie werkswinkel sal jou help met sommige van die algemene formateringsfoute wat die meeste nagraadse studente ervaar, terwyl hulle hul dokument gereed maak vir indiening.

Datum: Dinsdag, 26 April, 14h00 – 16h00

Bespreek hier