Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stiltes in die Geskiedenis van Afrika
Begin: 24/11/2021, 15:00
Einde: 24/11/2021, 16:00
Kontak:Dr Geraldine Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS Teams

Die Universiteit Stellenbosch-museum nooi u uit na ʼn bespreking oor: “Stiltes in die Geskiedenis van Afrika"

Prof Jacques Depelchin (Besoekende vakkundige, Sentrum vir Afrika-studies, Universiteit van Kalifornië, Berkley)

Prof Jacques Depelchin is ʼn toegewyde intellektueel, historikus, digter en aktivis vir vrede, demokrasie, deursigtigheid en mensgesentreerde politiek in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hy is in die Kongo gebore en het sy opleiding ontvang aan die Lovanium Universiteit (Kinshasa) in die DRK, die Universiteit van Londen, Johns Hopkins Universiteit in Italië en by Stanford, waar hy sy PhD in Geskiedenis behaal het. Hy het Afrika-geskiedenis en verwante vakke by UC Berkeley, UC Santa Cruz, San Francisco Staatsuniversiteit, Stanford, Syracuse en universiteite in die DRK, Mosambiek, Tanzanië en Brasilië gedoseer. Prof Depelchin het al ʼn hele paar boeke in sy lang loopbaan gepubliseer waaronder The Peasant's Tale, Reclaiming African History en Silences in African History; between the syndromes of discovery and abolition. Hy is die Medestigter en Uitvoerende Direkteur van die Berkeley-gebaseerde Ota Benga International Alliance for Peace in die DRK. Onder die seggenskap daarvan is hy besig om Amerikaanse en Kongolese maatskaplike genesing na te vors en die genesers byeen te bring, asook om oor die DRK klas te gee en te skryf om die Amerikaanse begrip van die geskiedenis en huidige realiteite van die DRK te verbeter.

Moderator

Dr Geraldine Frieslaar (Kurator vir Navorsing, Dialoog en Sosiale Geregtigheid, Universiteit Stellenbosch-museum)

Datum: Woensdag, 24 November 2021

Tyd: 15:00-16:00 (SAST)

Webinaar: MS Teams


Om te registreer:

JustConversations

 

​