Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Forum Webinar: Woede (Prof Lou-Marié Kruger)
Begin: 20/10/2021, 13:00
Einde: 20/10/2021, 14:00
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

20 Oktober 2021

13:00 - 14:00

Registreer: https://bit.ly/3iWSzsV

MS Teams

ʼn MS Teams skakel sal aan deelnemers per e-pos gestuur word.

 

Woede

Mense in die wêreld het alle rede om in 'n toestand van totale woede te wees. Wat ons sààm met daardie woede doen, is belangrik. Woede kan gemaak word - dit is 'n soort kunsvorm van politiek (Butler, New Yorker, 2020).

 

Waarom word daar na ons huidige tyd verwys as “die tyd van woede"? Waarom skryf so baie verskillende feministiese geleerdes (Butler, Nussbaum, Rose onder andere) oor woede en beweer ook dat “feministe woed"? Waaroor is Suid -Afrikaners spesifiek so woedend? Tot watter mate kom hierdie woede geslagtelik, rasgebaseerd en klasgebaseerd voor? In hierdie lesing sal ek sommige van hierdie vrae aanspreek deur na Suid -Afrikaanse woede vanuit 'n sielkundige perspektief te kyk, om die aard van woede, die oorsake van woede, en die impak van woede in ons spesifieke konteks te bespreek. Ek wil ondersoek instel hoe woede, wanneer dit herken, verstaan en bestuur word, 'n energieke en opbouende krag kan word, eerder as 'n vernietigende een. Ek sal dit doen deur na die onlangse literatuur te kyk, maar ook deur 'n paar kliniese vignette te bespreek.

 

Bio

Professor Lou-Marié Kruger het 'n M.S.W. (Politieke Studies) aan die Universiteit van Kaapstad (1989) en 'n M.A. en Ph.D. (Kliniese Sielkunde) van Boston Universiteit (1996) behaal. Sy het 'n geakkrediteerde internskap vir kliniese sielkunde van die Amerikaanse Sielkundige Vereniging by die Massachusetts Geestesgesondheid Sentrum by Harvard Mediese Skool in 1996 voltooi. Sy is 'n naaswenner van die nasionale toekenning, Uitgelese Vroue Navorsers, in 2016, en sy is ook in 2017 deur die NNS bekroon met 'n B-2-gradering. Sy is tans Professor en die departementshoof van die Departement Sielkunde by die Universiteit Stellenbosch. In haar navorsing fokus sy op die emosionele wêrelde van Suid-Afrikaanse moeders met 'n lae inkomste, en sy maak hoofsaaklik gebruik van psigoanalitiese, feministiese en postmoderne teoretiese raamwerke. Kruger het al vir meer as 20 jaar 'n klein, deeltydse privaat praktyk in Stellenbosch.