Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Beraad van die Afrika-studenteleiersnetwerk (ASLN)
Begin: 10/06/2021, 09:00
Einde: 11/06/2021, 14:15
Kontak:Zimbili Sibiya - 0724307087
Plek: Virtual Experience

Kom sluit by ons aan vir die stigtingsberaad van die Afrika-studenteleiersnetwerk, wat studenteleiers van Afrika sal byeenbring om etiese leierskap en goeie oorsigbestuur te bevorder.

10-11 Junie 2021 | Aanlyn

In samewerking met hoëronderwysvennote ook in ander Afrika lande, nooi ons jou graag om die stigtingsberaad van die Afrika-studenteleiersnetwerk (ASLN) by te woon. Die twee dae lange aanlyn beraad sal soos volg plaasvind:

Donderdag 10 Junie: 08:30–15:30

Vrydag 11 Junie: 08:30–14:30

Tydsone: Sentraal-Afrika-tyd (SAT)/GMT+2

In hierdie tyd van ongekende wêreldwye ontwrigting sal die aanlyn ASLN-beraad jong leiers van oor die hele Afrika-vasteland in die kuberruim byeenbring om te beraadslaag oor Afrika-sake wat die hoër onderwys in die besonder en die samelewing in die algemeen raak. Die program wil jong leiers op universiteitsvlak ondersteun om saam te werk om die komplekse uitdagings van Afrika te help hanteer.

Die ASLN nooi jou om by hierdie twee dae lange aanlyn geleentheid in te skakel. 


Laai die program hier af.​


Registrasie:

Daar is GEEN KOSTE verbonde aan bywoning nie. 

Klik op hierdie skakel om te registreer.

Sluitingsdatum vir registrasie: 7 Junie 2021, 23:00 SAT/GMT+2

 

Konferensietemas: 

Tema 1: COVID-19: Lesse geleer in die Afrika-hoëronderwyssektor en die wêreldgemeenskap

Tema 2: Oordenkings en insigte van Afrika-universiteite: COVID-19-verwante uitdagings en geleenthede in die hoër onderwys en die algemene samelewing op die Afrika-vasteland

Tema 3: Beste studentebestuurspraktyke in ons moderne era: 'n Gevallestudie van hoëronderwysinstellings en studenteleiers in Afrika

Tema 4: Die digitale kloof: Wat beteken aanlyn leer vir Afrika-universiteite?

Tema 5: Studentesienings oor die rol van die Afrika-unie om ná die COVID-19-pandemie studenteleierskap op die Afrika-vasteland te bevorder

Tema 6: Etiese leierskap en goeie oorsigbestuur: Watter lesse kan ons in die strewe na die AU 2063-doelwitte by die lede van die Afrika-unie leer?

Tema 7: Die modernisering van studenteleierskap op 'n eg Afrika-manier, deur Afrikane vir Afrikane, op grond van die filosofie en etos van ubuntu, want 'ons is omdat jy is'

Tema 8: Tegnologie en innovasie: Die rol van Afrika-jeug in die bevordering van sosio-ekonomiese ontwikkeling in Afrika


Ontmoet ons sprekers en paneellede: 

Tree in gesprek met Afrika-denkleiers op die gebied van studenteleierskap:


Mnr Anele Mdepa, Bestuurder: Studentebestuur, Universiteit Stellenbosch

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, Universiteit Stellenbosch

Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, Universiteit Stellenbosch

Prof Folasade Ogunsola, professor in Geneeskundige Mikrobiologie en voorsitter van die Infeksiebeheernetwerk van Afrika, Universiteit van Lagos

Dr Yetunde Zaid, Universiteitsbibliotekaris en dosent in Biblioteekstudie, Universiteit van Lagos

Prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie en Internasionalisering, Universiteit Stellenbosch

Mnr Xola Njengele, voorsitter van die Studenteraad, Universiteit Stellenbosch

Me Aphiwe Ntlemeza, studenteleier, Universiteit van Fort Hare

Mnr Werner de Wit, Programbestuurder: Kortprogramme, Somerskole en Geaffilieerdes, Universiteit Stellenbosch

Me Tonia Overmeyer, Studentedekaan, Universiteit Stellenbosch

Dr Choice Makhetha, Senior Direkteur: Studentesake, Universiteit Stellenbosch

Me Kristin Arends, voorsitter van die Tygerbergstudenteraad, Universiteit Stellenbosch

Mnr Sipiwo Tulisile Ngcenge, voorsitter van die Studenteraad, Universiteit van Fort Hare

Me Tshiamo Ngcobo, ondervoorsitter van die Tygerbergstudenteraad, Universiteit Stellenbosch

Dr Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur: Leer- en Onderrigverryking, Universiteit Stellenbosch

Mnr Jarryd Luyt, voorsitter van die Akademiese Belangeraad, Universiteit Stellenbosch

Prof Obinna Chukwu, Viserektor: Bestuursdienste, Universiteit van Lagos

Me Kira Alberts, ondervoorsitter van die Studenteraad, Universiteit Stellenbosch

Dr Nico Elema, Bestuurder: Sentrum vir Samewerking in Afrika, Universiteit Stellenbosch

Mnr Bongani Ozios Moyo, studenteleier, Universiteit van Fort Hare

Mnr Johannes Kambala, ondervoorsitter van die Studenteraad, Universiteit van Namibië

Mnr Jaiyesimi Oluwaseyifunmi Moses, studenteleier, Universiteit van Lagos

Me Mbali Mkhonza, voorsitter van die Tygerbergse Nagraadse Studenteraad, Universiteit Stellenbosch

Me Leah Chifamba, Tygerbergse Nagraadse Studenteraad Internasionaal, Universiteit Stellenbosch

Me Sharon Johnson, studenteleier, Strathmore-universiteit

Mnr Sandiso Mbulawa, akademiese beampte van die Studenteraad, Universiteit van Fort Hare

Prof Abigail Ndisika-Ogwezzy, voormalige departementshoof van Massakommunikasie, Universiteit van Lagos

Prof Thuli Madonsela, bekleër van die navorsingsleerstoel in sosiale geregtigheid, Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit Stellenbosch

Prof Ayo Atsenuwa, Viserektor: Ontwikkelingsdienste, Universiteit van Lagos

Me Sumaiya Abdikadir, openbareskakelbeampte van die Studenteraad, Strathmore-universiteit

Mnr Melt Hugo, studenteleier, Universiteit Stellenbosch

Prof Jonathan Jansen, uitgelese professor in die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch

Me Laura Oluoch, studenteleier, Universiteit Strathmore

Me Sarah Kayembe, internasionale bestuurder van die Studenteraad, Universiteit Stellenbosch

Prof Grace Ottinwa, Direkteur: Gehalteversekering, Universiteit van Lagos

Prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, Universiteit Stellenbosch

Dr Victor Odumuyiwa, Direkteur: Sentrum vir Inligtingstegnologiedienste, Universiteit van Lagos

Me Dharshana Moodliar, studenteleier, Universiteit Stellenbosch

Me Zimbili Sibiya, PhD-kandidaat in Bosboubedrywighede, Universiteit Stellenbosch

Vir verdere navrae:

Kontak Zimbili Sibiya by 18201342@sun.ac.za of skakel/WhatsApp +27 72 430 7087.