Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Middaguurgesprek: Alba Bouwer, etiketliteratuur en sjarme
Begin: 10/06/2021, 13:00
Einde: 10/06/2021, 14:00
Kontak:Lenelle Foster -
Plek: Room 229, Arts and Social Scienes | Lokaal 229, Lettere en Wysbegeerte

​Aan die hand van Sybille: Sjarmante vriendin (1968) – ’n haas onbekende vertailng deur Alba Bouwer – tree Lizelle Smit en Danie Stander in gesprek oor Bouwer, etiketliteratuur en 'sjarme' as voorskrif vir aanvaarbare Afrikaner-vroulikheid in die 1960's.

Die gesprek vind plaas Donderdag 10 Junie om 13:00 in lokaal 229, Lettere en Sosialewetenskappegebou.

Weens Covid-maatreëls word getalle beperk. US-studente en -personeel sal op MS Teams kan inskakel.

Kontak Lenelle Foster teen Woensdag 9 Junie om 15:00 om ’n sitplek te bespreek.