Die
doel van die Wetenskapwinterweek is om graad 11-leerders aan graadprogramme
en loopbaanmoontlikhede in die natuurwetenskappe bloot te stel. Die Fakulteit
bied programme in die veld van mikrobiologie, biochemie, chemie,
aardwetenskappe, wiskunde, fisiologiese wetenskappe, toegepaste wiskunde,
rekenaarwetenskap, fisika en plant- en dierkunde aan.
“Leerders
is dikwels nie bewus van die vele geleenthede wat in die natuurwetenskapkonteks
beskikbaar is nie. Hulle, en hulle ouers is dikwels slegs bekend met loopbane
in ingenieurswese, geneeskunde, die regte en die onderwys. Intussen is daar ’n
hele verskeidenheid studievelde en loopbaanmoontlikhede moontlik in die
biologiese, wiskundige en fisiese wetenskappe,” sê Mariétta van den Worm,
Direkteur, Fakulteitsbestuur by die US se Fakulteit Natuurwetenskappe.
Gedurende
die Wetenskapwinterweek sal leerders die geleentheid hê om direk met dosente en
nagraadse studente in hierdie studievelde kontak te maak. Van 13 tot 15 Julie
kan leerders daagliks van 11:00 – 13:00 aanlyn by ’n MSTeams interaktiewe
sessie aansluit - gratis!
“Ons is
jammer dat ons nie vanjaar die leerders op ons mooi kampus kan huisves nie,” sê
Maambele Khoza, werwingsbeampte vir die Fakulteit Natuurwetenskappe en ook een
van ons onlangse BSc-graduandi. “Maar aangesien die geleentheid aanlyn sal
plaasvind, kan ons leerders van oor die hele Suid-Afrika betrek,” voeg sy by.
Klik hier
om vir die 2021 Wetenskapwinterweek by die Universiteit Stellenbosch se
Fakulteit Natuurwetenskappe van 13 tot 15 Julie te registreer of kontak
Maambele Khosa by maambele@sun.ac.za |
|