Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Museum: OOP GESPREKKE: 25 Mei 2021
Begin: 25/05/2021, 15:00
Einde: 25/05/2021, 16:00
Kontak:Prof Geraldine Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS Teams

​Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi u uit na ʼn bespreking oor:

“Die teruggawe van Afrika-kennis en -voorwerpe"

 Dr Laura van Broekhoven (Direkteur, Pitt Rivers Museum)

Dr Van Broekhoven is die direkteur van die Pitt Rivers Museum aan die Universiteit van Oxford. Sy is ʼn professorale genoot by Linacre College, en is ook betrokke by die Skool vir Antropologie en Museum-etnografie aan die Universiteit van Oxford. Sy was voorheen die hoof van die kuratoriale departement van die Nasionale Museum van Wêreldkulture (Amsterdam, Leiden en Berg en Dal) en was ʼn dosent in argeologie, museumstudie en inheemse erfenis in die Fakulteit Argeologie aan die Universiteit van Leiden.

Dr Olusegun Morakinyo (Navorsingsgenoot, Sentrum vir Transdissiplinêre Studies, Universiteit van Fort Hare)

Dr Morakinyo is ʼn navorsingsgenoot by die Sentrum vir Transdissiplinêre Studies. Hy was voorheen ʼn senior navorser by die Mzala Nxumalo Sentrum vir die Studie van die Suid-Afrikaanse Samelewing en die akademiese koördineerder van die Afrika-program in Museum- en Erfenisstudies wat deur die Robbeneilandmuseum/ Universiteit van die Wes-Kaap aangebied word. Van 2016 tot 2018 was hy ʼn postdoktorale navorsingsgenoot in die Departement Filosofie aan die Universiteit van Johannesburg, die Sentrum vir Leierskapsetiek in Afrika (CLEA) aan die Universiteit van Fort Hare, en later in die Departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch (US), waartydens hy ʼn postdoktorale toekenning vir skaars vaardighede van die Nasionale Navorsingstigting (NRF) ontvang het.

Datum:                       Dinsdag 25 Mei 2021

Tyd:                            15:00 SAST

Virtuele platform:      MS Teams

Aanbieders:

Dr Laura van Broekhoven (Direkteur, Pitt Rivers Museum)

Dr Olusegun Morakinyo (Navorsingsgenoot, Sentrum vir Transdissiplinêre Studies, Universiteit van Fort Hare)

Moderator:

Dr Geraldine Frieslaar (Kurator van Navorsing, Dialoog en Maatskaplike Geregtigheid, Universiteitsmuseum)

Klik op die volgende skakel om deel te neem aan die bespreking op 25 Mei om 15h00 SAST

USMuseumJustConversations