Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
OOP GESPREKKE: US Museum
Begin: 07/04/2021, 13:00
Einde: 07/04/2021, 14:00
Kontak:Dr Geraldine Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS Teams

OOP GESPREKKE

Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi jou uit na 'n virtuele boekbekendstelling en paneelbespreking van:

Afrocentric Turn in African Heritage Studies: Epistemology of Alterity

deur Luvuyo M. Dondolo en Olusegun Morakinyo

Hierdie boek is 'n veelseggende essay oor 'n belangrike aspek van akademiese belang in postapartheid‑Suid-Afrika. Op twee belangrike punte bevestig die boek 'n duidelike eietydsheid. Die betoog van hierdie teks deur 'n kritiek op die teoretiese en pedagogiese oriëntasie van die Afrika-program in museum- en erfenisstudies (APMHS), in vergelyking met dominante komponente van tegniese opleiding as bepalend vir Afrika-erfenisstudies (AHS), is dat alhoewel die APMHS progressief is in sover dit 'n praktyk van kritiese erfenisstudies daarstel, dit in vergelyking met daardie komponente nogtans nie emansipatories en humaniserend van die wese van Afrikane is nie, omdat dit nie gedekoloniseer is nie, gegewe die tekortkominge wat Afrika-oriëntasie en Afrikologiese metodologie betref.

 Datum:                       Woensdag 7 April 2021

Tyd:                             13:00

Virtuele platform:      Teams

Aanbieders:  Dr Luvuyo M. Dondolo (Direkteur, Sentrum vir Transdissiplinêre Studies, Universiteit van Fort Hare) en dr Olusegun Morakinyo (Navorsingsgenoot, Sentrum vir Transdissiplinêre Studies, Universiteit van Fort Hare)

Gesprekslid:   Dr Sipokazi Madida (Dosent, Departement Geskiedenis, UNISA)

Moderator:     Dr Geraldine Frieslaar (Kurator vir Navorsing, Dialoog en Maatskaplike Geregtigheid, US Museum)

Klik op hierdie skakel om op 7 April om 13h00 aan te sluit.

StellenboschUniversityMuseum\JustConversations