Kontak:Dr Eric Leveel
- (021) 808 2032
Plek: Seminar Room / Seminaarkamer 551 Arts Building / Lettere-Gebou
Die Departement Moderne Vreemde Tale nooi alle belangstellendes uit na hierdie interessante navorsing seminaar. Hierdie aanbieding handel oor Steffen Kopetzky se Risiko (2015), Jakob Hein se Die Orient-Mission des Leutnant Stern (2018) and Kenah Cusanit se Babel (2019). Meer spesifiek word drie boeiende narratiewe eksperimente uitgelig wat (a) lig werp op minder bekende aspekte van die Duitse betrokkenheid in die Midde-Ooste gedurende die Eerste Wêreldoorlog, en (b) hedendaagse kwessies projekteer op 'n historiese seildoek. Hierdeur word 'n temporale derde ruimte geskep waarin die historiese en die hedendaagse vermeng word. Prof Florian Krobb is 'n Professor aan Maynooth University en 'n Buitengewone Professor aan Stellenbosch Universiteit.
Woensdag 18 Maart 2020
12.00 – 12.50
Seminaarkamer 551
Lettere-Gebou
Almal Welkom