Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Datawetenskap en Rekenaardenke: Byeenkoms
Begin: 06/09/2019, 14:30
Einde: 06/09/2019, 16:00
Kontak:Sharon Fortuin -
Plek: 44 Banghoek Road

​Die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke bied op die eerste Vrydag van elke maand 'n “Connect"-geleentheid aan. Die doel van hierdie geleentheid is om in verbinding te tree met kollegas van alle fakulteite by die Universiteit Stellenbosch wat aktief betrokke is by datawetenskap en rekenaardenke.

Hierdie maand, op Vrydag 6 September, sal die waarnemende direkteur prof Wim Delva 'n oorsig bied oor die aktiwiteite van die afgelope maand, sowel as 'n voorskou van die aktiwiteite wat vir die komende maand beplan word. Mense wat die geleentheid bywoon, is welkom om insette te lewer en om komende geleenthede en aktiwiteite wat relevant is tot die Skool vanuit hulle departemente en fakulteite te deel.

Tyd: 14:30

Plek: Boonste raadsaal, Afrika Sentrum vir MIV/VIGS-gebou, Banghoekweg 44, Stellenbosch

RSVP asseblief by Sharon Fortuin (sharonf@sun.ac.za) vir beplanningsdoeleindes.