Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties in New York
Begin: 04/06/2019, 18:00
Einde: 06/06/2019, 21:00
Kontak:Shaun Stuart - 021 808 2941
Plek: New York

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Ontwikkeling & Alumni-betrekkinge-span bied eersdaags twee netwerkgeleenthede vir alumni en vriende van die Universiteit in Boston en New York-stad aan. Dit sal wonderlik wees as jy en 'n metgesel by ons kan aansluit. 

Die gasspreker vir beide aande is die internasionaal-bekende professor Wayne Derman, Direkteur van die Instituut vir Sport en Oefengeneeskunde (ISEM) aan die Universiteit Stellenbosch. Hierdie funksies is 'n uitstekende geleentheid om tyd met mede-alumni en vriende van die Universiteit te spandeer. Kom vind gerus ook uit wat ons doen en hoe jy by ons Alumni-hubs in die VSA betrokke kan raak. 

Boston
Wanneer: Dinsdag 4 Junie 2019
Tyd: 18:00
Waar: 10 High Street, Boston, MA 02110, VSA. 


New York-stad
Wanneer: Donderdag 6 Junie 2019
Tyd: 18:00
Waar: Full Studio, Arlo Nomad Hotel 11 East 31st Street (between 5th and Madison Ave) New York, NY 10016, VSA. 

Meer oor ons gasspreker:
Prof Wayne Derman is direkteur van die Instituut vir Sport- en Oefeninggeneeskunde (ISEM). Hy is ook mede-   direkteur van die IOC Navorsingsentrum van Suid-Afrika en het spesialis Sport Mediese konsultasiedienste aan die Suid-Afrikaanse Rugby-, Sokker-, Krieket-, Statebond- en Olimpiese-spanne verskaf. Verder was hy die hoof mediese beampte vir die SA Olimpiese-spanne van Sydney 2000 en Athene 2004, mediese beampte vir die SA Paralimpiese-spanne van Beijing 2008 en Londen 2012 en mediese beampte vir FIFA tydens die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi wedstryde in Kaapstad. Die onderwerp van sy praatjie is: "Hoe om (byna) vir ewig te leef!"

RSVPs is noodsaaklik vanweë beperkte kapasiteit, so bespreek asseblief jou plek teen Vrydag 31 Mei en dui ook spesiale dieetvereistes aan.