Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hoe goed is jou konneksies?
Begin: 15/05/2019, 18:00
Einde: 15/05/2019, 19:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: De Warenmarkt, c/o Ryneveldt and Plein Streets, Stellenbosch

​Sluit by ons aan vir 'n Science Café Stellenbosch-gesprek met Prof Hugo Touchette vir 'n inleiding tot grafiekteorie en netwerkwetenskap – van jou Facebook-vriende tot Eskom se elektrisiteitsnetwerk.

Meer oor die gesprek
Netwerke en grafieke kom oral rondom ons voor, selfs al kom ons dit nie eers agter nie: paaie, Eskom se elektrisiteitsnetwerk, lugdiensroets, minibustaxi's in Kaapstad, selfs jou groep werklike, sowel as Facebook-vriende - hulle is almal netwerke van 'nodusse' en 'skakels' tussen hierdie nodusse. Wetenskaplikes het al hoe meer geïnteresseerd geraak in hierdie netwerke en dan veral in die klassifisering daarvan op grond van hulle 'vorm' of fatsoen. Is alle netwerke dieselfde? Is daar 'universele' tipes netwerke? Is 'n netwerk van Facebook-vriende se vorm dieselfde as die van 'n elektrisiteitsnetwerk? Hoe ontwikkel netwerke? Kan ons netwerke beheer? Dít is sommige van die vrae wat hy sal bespreek in sy aanbieding, en waaroor julle ook vrae kan kom vra.
Meer oor die spreker
Hugo Touchette is 'n professor in Toegepaste Wiskunde in die departement Wiskundige Wetenskappe by die Universiteit Stellenbosch. Sy vakgebied is waarskynlikheidsteorie en statistiek, random processes, en masjienleer. Hy het in 2013 na Suid-Afrika verhuis nadat hy nege jaar verbonde was aan die Queen Mary Universiteit in Londen. Hy het sy 'n PhD verwerf aan die McGill Universiteit in Kanada, sy heimat.

 Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe by die US om gesprekke oor die wetenskape aan te moedig.

Volg ons op Facebook om op hoogte te bly met die nuutste gespreksgeleenthede.