Kontak:Dr Anthea Jacobs
- (021) 808 9258
Plek: Room 3008, Faculty of Education
Leer en Onderrigverryking Seminaar: 09 Mei 2019
U word uitgenooi na die tweede van vier kwartaallikse
Leer en Onderrig Seminare onder die vaandel van die Vise-Rektor (L&O), Prof
Arnold Schoonwinkel, en die Leer en Onderrig Veryking afdeling.
Onderwerp: Die
gebruik van Outonomie-roetes om aktiewe onderrigmetodes in voorgraadse
Fisiologie-klasse te vergelyk
Aanbieder: Faadiel Essop
Biografie:
Faadiel Essop
is ‘n professor in die Departement
Fisiologiese Wetenskappe in die Fakulteit Natuurwetenskappe, waar hy
onder andere fokus op koöperatiewe en aktiewe leer in relatief groot
klasse. Hy is entoesiasties oor die skep van leeromgewings wat bydra tot
kritiese denke, probleemoplossing en dieper insigte in vakinhoud. Sy
Fisiologie navorsingspan fokus op kardiometaboliese siekte soos koronêre
hartsiekte en diabetes. Hy het onlangs ‘n navorsingsprojek begin wat die
impak van psigososiale stres op die hart ondersoek en wil graag hierdie
fokusarea in die onderrigruimte toepas.
Reklameteks:
Voorgraadse
Fisiologie studente worstel met groot hoeveelhede inhoud en is dus geneig om
meestal op die memoriseer van feite te fokus ten einde toetse en eksamens te
slaag. Studente sukkel ook om te verstaan hoe verskillende orgaanstelsels
kommunikeer en / of geïntegreer word binne die hele organisme. Daar is reeds
geargumenteer dat wetenskapsonderwysers meer tyd moet bestee aan hoe
wetenskaplikes wetenskap doen, dit wil sê die proses van wetenskap, en minder
op die akademiese inhoud. Onlangs is vier breë tipes aktiewe leerintervensies
vir voorgraadse Fisiologie klasse voorgestel: a) die stel van vrae (aan die
begin of einde van lesings); b) die aanmoediging van denkpaar-deelaktiwiteite;
c) die gebruik van veelvuldige analogieë; en d) bekendstelling aan
probleemoplossingsaktiwiteite. Dit is egter moeilik om die effektiwiteit van
sulke metodologieë te vergelyk ten einde te identifiseer watter die geskikste
is om binne die klaskamer te gebruik. In die aanbieding sal geselekteerde
voorbeelde van Fisiologie-klasaktiwiteite, wat aan die US ontwikkel is en
daarop gerig is om kritiese denk- en probleemoplossingsvaardighede te bevorder,
ondersoek word met behulp van die Outonomie (Autonomy) dimensie van die
Legitimasie Kode Teorie (Legitimation Code Theory). Die assessering van
aktiewe leertegnieke deur die lens van outonomie kan help om die vermeende
waarde en effektiwiteit van elke onderskeie metode, ten opsigte van die
bevordering van 'n probleemoplossingskultuur, binne Fisiologie voorgraadse
klaskamers te bepaal.
Die resultate van hierdie
studie kan ook van nut wees in ander kontekste waar problem oplossing en kritise
denkvaardighede belangrik is.
Tyd: 13:00-13:45, 09 Mei 2019
Plek: Lokaal 3008, Fakulteit van Opvoedkunde
Verversings sal vanaf 12:45 bedien word.
Navrae: Anthea Jacobs (jacobsa@sun.ac.za)
RSVP teen Vrydag 3 Mei 2019
Internetregistrasie: Kliek op die volgende skakel om jou bespreking te doen op Eventbrite
(Inetkey oop - gaan na die webtuiste en kliek op die "Register"
knoppie):
https://www.eventbrite.com/e/learning-and-teaching-enhancement-seminar-autonomy-pathways-to-compare-active-teaching-methods-in-tickets-60245721575