Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werksoekvaardigheidewerksessie
Begin: 11/04/2019, 13:00
Einde: 11/04/2019, 14:00
Kontak:Delisha - 0218083568
Plek: 43 Victoria Street, Career Services, Career Hub

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste bied die volgende sessies aan om studente te help om hulself beter voor te berei vir toetrede tot die wêreld van werk:

  • Werksoekvaardigheids
  • CV Skryf
  • Dekbrief Skryf
  • Onderhoudsvaardighede
  • Persoonlike Branding.

Hierdie sessies word aangebied in groter groepe van 15, kleiner groepe van 5 vir beter interaksie en indien die behoefte ontstaan, individuele sessies.

Ten einde ʼn meer direkte en geïndividualiseerde benadering in beide die kleiner en individuele sessies te verseker, word studente aangemoedig om hu konsep CV ten minste 3 dag voor die tyd te epos sodat die fasiliteerder die sessie kan aanpas vir die persoonlike behoeftes van die bywoner(s).

Epos asb. jou konsep CV aan Thobeka Msi by stm@sun.ac.za

Kursus onkostes en Betalingsprosedure

Alhoewel daar geen kostes verbonde is aan hierdie werksessies nie, is dit uiters belangrik dat studente moet registreer vir die werksessie(s). Registreer op MatiesCareers, ons loopbaan en werksgeleenheide platform deur te kliek op https://stellenbosch-csm.symplicity.com/ . Jy benodig net jou SU login besonderhede.

Kontak gerus vir Delisha van Neel by 021 808 3568, indien jy meer inligting oor die sessies benodig.