Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geheime van die Kaapse blommeryk
Begin: 05/03/2019, 18:30
Einde: 05/03/2019, 19:30
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: Die Plataan, Van Ryneveldstraat

​In die eerste Science Café Stellenbosch by Woordfees 2019 gaan die bekende omgewingskundige, Dave Pepler, met profs Anton Pauw en Léanne Dreyer gesels. Hulle is beide verbonde aan die biologiese interaksies navorsingsgroep in die US se Departement Plant- en Dierkunde, waar hulle die vorm and funksie van plante ondersoek, en hoe plante se ekologie, evolusie en diversifikasie deur agente soos fungi en bakterieë, bestuiwers en herbivore gevorm word.

  • Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in 'n taal wat almal kan verstaan.
  • Toegang is gratis, maar kom vroegtydig en bestel 'n glasie wyn en goeie geselskap by Die Plataankafee in Van Ryneveldstraat.
  • Die gesprek sal in beide Afrikaans en Engels plaasvind.
  • Volg ons op Facebook vir nog interessante wetenskapnuus - https://www.facebook.com/ScienceCafeStellenbosch/