Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UITNODIGING: UBUNTU-DIALOË
Begin: 21/02/2019, 18:00
Einde: 21/02/2019, 19:00
Kontak:RSVP: Natasha Coltman - 021 8083691
Plek: University Museum , 52 Ryneveld Street , Stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch Museum in vennootskap met Michigan-staatsuniversiteit (MSU) nooi jou hiermee vriendelik na 'n gesprek met prof Jamie Monson, direkteur van die Afrikastudiesentrum en geskiedenisprofessor by MSU.

Onderwerp:        Historiese bande tussen China en Afrika

 

Datum:  20 Februarie 2019

Tyd:       18:00

Plek:      Universiteitsmuseum, Ryneveldstraat 52, Stellenbosch

 

Prof Jamie Monson se belangstelling in Afrika is geprikkel toe sy in 1980 in landelike Kenia as 'n landbouvrywilliger vir die Vredeskorps gedien het. Daarna het sy haar PhD in Afrikageskiedenis aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles, verwerf en haar eerste dosentepos in 1991 aan Carleton-kollege aanvaar. In 2015 is sy as professor in Afrikageskiedenis in die Departement Geskiedenis sowel as direkteur van Afrikastudie by MSU aangestel. Monson se vroeë navorsing het op die landbou- en omgewingsgeskiedenis van suidelike Tanzanië gekonsentreer. Sy het ook antikoloniale oorlogvoering in die destydse Duits-Oos-Afrika bestudeer. Teen die einde van die jare negentig het sy met 'n nuwe navorsingsprojek begin oor die geskiedenis van die TAZARA-spoorweg, wat in die 1960's en 1970's met Chinese ontwikkelingsbystand in Tanzanië en Zambië gebou is. Haar boek Africa's freedom railway is in 2011 deur die Universiteit van Indiana uitgegee.

Die afgelope tyd bestudeer Monson die geskiedenis van China-Afrika-skakeling (én leer Chinees), en reis gereeld na China vir navorsing. Haar nuwe projek is 'n studie van tegnologieoordrag deur die geskiedenis van Chinese ontwikkelingsbystand aan Afrika. 'n Tweede projek waarby sy betrokke is, ondersoek die geslagsaspekte van burgerlike diplomasie aan die hand van 'n rekord van besoeke deur Afrikavroueafvaardigings na China gedurende die Kulturele Revolusie.

Die Ubuntu-dialoë is 'n drie jaar lange samewerkingsprojek tussen die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika en MSU in die Verenigde State, en word deur die Mellon-stigting gefinansier.

 

RSVP: Natasha Coltman by 021 808 3691 of ncoltman@sun.ac.za

 

Ligte verversings sal ná die tyd bedien word.