Kontak:
- 021 808 9111
Plek: Ingang 1 / Entrance 1; Van der Sterr-kompleks / Complex
Die Universiteit Stellenbosch se Opedag word op Saterdag, 23 Februarie 2019 van 08:30 tot 16:00 gehou.
Voornemende studente wat belang stel in programme wat deur die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied word, kan dié Fakulteit se inligtingstalletjies besoek by Ingang 1 van die Van der Sterrgebou (op die hoek van Victoria- en Bosmanstraat) op die Stellenbosse kampus.
Gedurende die dag sal die Fakulteit 'n verskeidenheid inligtingsessies vir voornemende studente aanbied. Vir 'n lys van hierdie aanbiedings, kliek asb. hier.
- Vir die Universiteit Stellenbosch se algemene opedagprogram (alle fakulteite en inligtingsessies), kliek hier.