Kontak:Ms Nothemba Nqayi
- (021) 808 3717
Plek: Den Bosch, 39 Victoria Street (opposite Skuilhoek and behind the Conservatoire)
Elsabé
Daneel is 'n bekende TV-aanbieder, TV- en fliekakteur en het al
verskeie teaterproduksies vervaardig en ook as aktrise daarin opgetree.
Sy is 'n vervaardiger, aanbieder en regisseur van korporatiewe videos
asook dokumentêre programme vir kykNET en M-Net.
As
kommunikasie- en mediastrateeg, bied sy ook 'n kommunikasie werkswinkel,
genaamd Communication IQ, aan. Hierdie werkswinkels oor kommunikasie-
en aanbiedingsvaardighede is vol pret en gemik op korporatiewe kliente,
TV- en radio-aanbieders, akteurs, publieke sprekers, opvoeders,
studente, akademiese personeel, ens.
Elsabé sal gedurende 2019
twee kommunikasie-werkswinkels vir akademici by Universiteit
Stellenbosch aanbied. Die werkswinkels sal plaasvind op 3 Mei en 28
Augustus.
Die volgende onderwerpe word tydens die werkswinkels bespreek:
• raak vertroud met kommunikasieterme
• ontdek die ABC van die kommunikasieproses
• evalueer jou sterk en swakker punte as kommunikeerder
• kommunikasiemodelle wat vir jou kan werk
• ondersoek die tegniese aspekte wat die kommunikasieproses beinvloed
• herken die rol van persoonlike styl
• maak die beste van lyftaal
• eksperimenteer met jou stemvermoë
• ontspanningstegnieke wat werk
• jou unieke verbale boodskap
• bou verhoudings
Wanneer:
3 Mei vanaf 13:00 tot 17:30
28 Augustus vanaf 13:30 tot 17:30
Waar:
Den Bosch, 39 Victoria Straat (oorkant Skuilhoek en skuins agter die Konservatorium)
Daar is slegs 10 plekke beskikbaar per werkswinkel.
Kontak asseblief vir Nothemba Nqayi by nothemban@sun.ac.za of 021 808 3717 om jou plek te bespreek.