Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Jac van der Merwe Kompetisie vir Innovasie
Begin: 13/12/2018, 09:00
Einde: 13/12/2018, 11:15
Kontak:Liesel Koch - 021 808 4066
Plek: Auditorium, Room E202/3 Electrical and Electronic Engineering Building

Op Donderdag, 13 Desember 2018 hou die Fakulteit Ingenieurswese sy jaarlikse Jac van der Merwe Kompetisie vir Innovasie, geborg deur MultiChoice. Ses studente ding mee om die R30 000-prys wat gaan aan die finalejaarstudent met die mees innoverende projek.

Personeel en die publiek is welkom om na die aanbiedings van die finaliste te kom luister. Dit duur van 09:00 tot ongeveer 11:15 en word gehou in E202/3, die ouditorium op die tweede vloer van die Elektriese en Elektroniese Ingenieursgebou. 

Die tentatiewe program is:

09:00 Verwelkoming, agtergrond en reëls

09:15 Meganies: Claudia de Wet (Manufacture and Testing of a Pressure Regulating Control Valve for a Novel Irrigation System.)

09:35 Megatronies: Jody Julies (Development of a Passenger Counting System for the Rail Environment.)                              

09:55 Siviel: Frederick Bester (Benchmark Structures for 3D Printed Concrete.)

10:15 Chemies: Suzanne van Niekerk (The development of a functional cellulose-based bioactive film.)

10:35 Bedryfs: Ruan Spies (Decision support system for medical trial recruitment planning and monitoring.)

10:55 Elektries en Elektronies: Kobus Kotzé (SLM 3D-Printed Horn Antenna for Satellite Communications at X-band.)