Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prestige-kunstentoonstelling vir Universiteit Stellenbosch se Eeufeesjaar
Begin: 05/12/2018, 18:00
Einde: 05/12/2018, 20:00
Kontak:Ulrich Wolff and Elizabeth Muller Vermeulen - 0218083029
Plek: University Museum

Met temas oor die toekoms van hoër onderrig, beklemtoon “Forward? Forward! Forward..." die belangrike rol van kuns met 'n merkwaardige, uiteenlopende groepfeestentoonstelling

 Open 5 Desember 2018 in die US Museum

 Met die klem sterk op die waarde van kuns op die gebied van hoër onderwys en die toekoms, tree die Universiteit Stellenbosch Museum binnekort as gasheer vir 'n unieke, prestige-groeptentoonstelling ter viering van die Universiteit se Eeufeesjaar op. Meer as 60 kunstenaars word verteenwoordig.

 “Forward? Forward! Forward..." open op 5 Desember in die statige museumgebou en is die eindproduk van 'n oop uitnodiging aan kunstenaars vroeër om voorleggings te maak van werke wat die toekoms van hoër onderwys, plaaslik en in Afrika, aanpak en tegelyk, die toekoms van die Universteit Stellenbosch herbedink.

 Volgens die kurators, Ulrich Wolff en Elizabeth Miller-Vermeulen, behels die reaksie 'n boeiende reeks opwindende kunswerke wat verskillende temas in 'n verskeidenheid media uitbeeld.

 Meer as 250 vernuwende en boeiende voorstelle wat as katalisator vir debat en diskoers oor die toekoms van die universiteit en onderwys dien, is voorgelê. 

 In hul vertolking van dié toekoms-gerigte tema het kunstenaars onder meer kwessies soos identiteit en kulturele perspektief, mentorskap, geletterdheid, kennisterreine, mens-tot-mens-verbintenis, taal, kampus-magstukture en maatskaplik sosiale stelsels aangepak.

 Skeppende uitdrukkings en kunswerke behels onder meer installasie, skilderkuns, collage, tekeninge, fotografie, video, kortfilms, animasie, drukmedia en beeldhou.

 'n Herdenkings-katalogus deur die Universiteit Stellenbosch Museum belig die tentoonstelling. 

 'n Stel essays deur skrywers verbonde aan die Instituut van Toekomsnavorsing onder leiding van Dr. Morné Mostert ondersteun  “Forward? Forward! Forward..."se toekomsgerigte kuns op 'n transformatief-samewerkende grondslag, wat bydra tot die gesprekvoering oor die futuristiese tema in hierdie Eeufeesjaar.

 Onder die kunstenaars is Zyma Amien, Willem Boshoff, Chris Soal, Sthenjwa Luthuli, Liza Grobler, Lhola Amira, Johann Louw, Jaco van Schalkwyk, Tangeni Kambudu, Emma Willemse, Willie Bester, Gordon Froud, Stephané E. Conradie, Victor Mofukeng, Dan Halter, Ingrid Bolton, Conrad Botes, Sharlé Matthews, Heleen de Haas and Ley Mboramwe Makalele collaboration, Claudette Schreuders, Lehlohonolo Mkhasibe, Hannalie Taute, Strijdom van der Merwe, Ashley Walters, Sinalithemba Ntuli, Tamlin Blake, Ilené Bothma, Lhola Amira , Norman O`Flynn, Jaco Sieberhagen, Lunga Kama, Pierre le Riche, Ydi Coetsee, Spier Arts Academy and Marlise Keith collaboration, Anya Ramparsad , Thabo Motseki, Heidi Fourie en Jessica Storm Kapp.

 Aanvanklike voorstelle is deur 'n keurpaneel van vyf oorweeg. Hulle is Ashley Walters, Robyn-Leigh Cedras, Maurice Mbikayi, Ulrich Wolff en Elizabeth Miller-Vermeulen.

 

“Forward? Forward! Forward..." is tot 30 April 2019 te sien.

Vir meer inligting: Ulrich Wolff (021 808 3029) en Elizabeth Miller-Vermeulen (083 700 9669)