Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FGGW Dekaan se lesingreeks vir Uitgelese Leiers: Prof Thuli Madonsela
Begin: 06/11/2018, 12:30
Einde: 06/11/2018, 14:00
Kontak:Meggan Ceylon - 021-938-9202
Plek: Tygerberg Campus / Tygerberg-kampus

​Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Dekaan se lesingreeks vir Uitgelese Leiers dien as 'n forum vir vername leiers uit die openbare, private en gemengde sektore om hulle persoonlike visie te deel en hul betrokkenheid te bespreek by pogings om van die mees dringende kwessies in die samelewing aan te spreek.

Ons volgende spreker is Prof Thuli Madonsela, houer van die Leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid en die Reg in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch. Prof Madonsela het onlangs 'n termyn van sewe jaar voltooi as Suid-Afrika se Openbare Beskermer. Sy het sedertdien die Thuma Foundation, 'n onafhanklike sosiale onderneming wat fokus op leierskap in demokrasie en maatskaplike ondernemings, gestig.  

Prof Madonsela is 'n Advokaat van die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof en neem reeds vir baie jare die voortou met pogings om maatskaplike geregtigheid, grondwetlikheid, menseregte, goeie bestuursgedrag en die oppergesag van landswette te bevorder. Sy was ook betrokke by die opstel van Suid-Afrika se Grondwet en is ook 'n mede-argitek van verskeie wette wat daarop gemik is om Suid-Afrika se demokrasie verder te versterk. 

Prof Madonsela het wêreldwyd 'n reputasie vir integriteit en vreesloosheid in die handhawing van aanspreeklikheid en geregtigheid met betrekking tot openbare mag en die gebruik van openbare hulpbronne. Sy is in 2014 as een van TIME100 se mees invloedryke persone in die wêreld aangewys. In 2016, is sy as Forbes Africa se Persoon van die Jaar aangewys.

Titel: Ethical Leadership and Social Justice 
Datum: Dinsdag 6 November 2018
Tyd: 12:30 vir 13:00
Lokaal: Lesinglokaal 7, Onderwysgebou, Tygerberg-kampus

RSVP asb. by Meggan Ceylon by meggan@sun.ac.za of 021-938-9202. Ons sien uit na u bywoning en deelname.