Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FINLO/FIRLT: VERSOEK VIR VOORLEGGINGS VIR FINLO/FIRLT 9 November 2018
Begin: 20/09/2018, 08:00
Einde: 09/11/2018, 16:30
Kontak:Ms Natasha Alberts - (021) 808 3751
Plek: Centre for Teaching and Learning

FINLO/FIRLT

VERSOEK VIR VOORLEGGINGS VIR FINLO/FIRLT

9 November 2018

Die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO) is in 2005 gevestig om dosente te ondersteun in hul onderrigrol en om 'n positiewe bydrae tot die bevordering van leer en onderrig aan die US te maak.

Hoe om vir FINLO aansoek te doen:

Enige dosent, groep dosente of Sentrum wat verantwoordelik is vir onderrig en leer kan aansoek doen.

Riglyne ten opsigte van die aansoekproses is beskikbaar by:

http://www.sun.ac.za/afrikaans/learning-teaching/ctl/t-l-awards-and-grants/firlt

Ondersteuning vir FINLO word aangebied deur die SOL adviseur in u fakulteit of enige van die komiteelede soos gelys op die webblad.

Daar word van sukesvolle FINLO applikante verwag om hul navorsingsresultate intern aan te bied ten einde 'n bydrae te lewer tot die akademieskap van onderrig en leer aan die US. Suksesvolle applikante word ook aangemoedig om hul navorsingsresultate in nasionale en internasionale joernale te publiseer.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 9 November 2018

Rig alle navrae en stuur voorstelle aan: Die FINLO-administrateur, Tel: (021) 808 3751, e-pos: finlo@sun.ac.za