Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mikrobes vier 100 jaar van wetenskap by die US
Begin: 18/09/2018, 08:00
Einde: 26/09/2018, 17:00
Kontak:Dr Heinrich Volschenk - 021 808 5851
Plek: JC Smuts building, foyer

Die Departement Mikrobiologie vier die Fakulteit Natuurwetenskappe se honderdjarige bestaansjaar met 'n lewendige voorstelling bestaande uit die verskeie mikroorganisme wat oor die jare tot die vakgebied bygedra het. Die voorstelling is in die vorm van die US se eeufeeslogo en sal vanaf 19 tot 26 September in die foyer van die JC Smuts-gebou uitgestal word. Kom beleef hierdie opwindende lewendige vertoning van mikroorganismes in aksie soos wat hulle voortplant. Die voorstelling is deur studente en personeel van die Departement Mikrobiologie saamgestel.

Die Fakulteit Natuurwetenskappe by die US is een van die vier stigtersfakulteite van die Universiteit in 1918. Die Departement Mikrobiologie het in 1961 tot stand gekom met prof. Hennie Louw as die eerste Departementshoof.

Vir gereelde terugvoer volg ons op Facebook (https://goo.gl/j73evA) en Twitter: #USMicro100  #100yearsofscience  @scienceSUN

Foto: Heinrich Volschenk