Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Interdissiplinêre kurrikulumontwerp: 'n gevallestudie uit 'n module oor gender, kultuur en religieuse diversiteit as deel van die VGP-steunvak, Inleiding tot die Geesteswetenskappe.
Begin: 25/09/2018, 12:45
Einde: 25/09/2018, 13:45
Kontak:Ms Nothemba Nqayi - (021) 808 3717
Plek: Den Bosch, 41 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)

AUXINS aangebied deurDie Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL)
Titel van AanbiedingInterdissiplinêre kurrikulumontwerp: 'n gevallestudie uit 'n Inleiding tot die Geesteswetenskappe-module vir VGP studente.
Opsomming van UitnodigingHiermee nooi SOL u graag na 'n etensuurpadkossessie as deel van die Auxin-projek. Die Auxin-projek het dit ten doel om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.
Titel en Naam van AanbiederDr Anita Jonker
Kort BiografieAnita Jonker koördineer die vier interdissiplinêre modules in die VGP-steunvak, Inleiding tot die Geesteswetenskappe in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Sy doen die kurrikulumontwerp en onderrig Engels in die Geesteswetenskappe, waar die inhoud van die onderskeie vakspesifieke modules by die taalsteun geïntegreer word. Jonker spesialiseer in die sleutelrol van veeltalige tegniese terminologie en generiese akademiese woordeskat in studentesukses. Sy het 'n veeltalige Politieke Wetenskap-woordelys van 950 terme vir haar PhD-studie ontwikkel om empiries te toets of studente akademies beter presteer ná gereelde blootstelling aan die sleutelkonsepte van 'n vakgebied in hul moedertaal. Sy het ook veeltalige woordelyste vir die onderskeie vakspesifieke modules in die Inleiding tot die Geesteswetenskappe ontwikkel om veeltalige studente te help om hul akademiese potensiaal te bereik.
Opsomming (“Blurb")In hierdie interdissiplinêre module oor geslag, kultuur en godsdienstige diversiteit is die kurrikulum ontwerp met die doel om 'n breër wêreldbeeld by veeltalige studente uit verskillende kulturele en godsdienstige agtergronde te kweek. Twee gasdosente uit verskillende fakulteite is vir hul kundigheid in hierdie verband genooi. Prof Dennis Francis (Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe) het 'n inleiding gegee oor gender-konsepte wat deurslaggewend is in enige kritiese nadenke oor die menswaardigheid van die LGBTIQA-gemeenskap en vroue. Prof Xolile Simon (Departement Praktiese Teologie en Missiologie in die Fakulteit Teologie) het studente bekendgestel aan die belangrikste godsdienstige tradisies en die potensiaal van intrareligieuse, interreligieuse en sekulêre dialoog om plaaslike en internasionale konflik vreedsaam op te los. Studente is aangemoedig om krities na te dink oor die heersende houdings in hul godsdienstige en kulturele gemeenskappe wat die regte van die LGBTIQA-gemeenskap en vroue in die samelewing kan ondermyn. Prof Simon het studente aangemoedig om in isiXhosa, Afrikaans en Engels aan lesings deel te neem sodat hulle bydraes deel kon vorm van die kurrikuluminhoud, terwyl daar terselfdertyd erkenning gegee is aan hulle veeltalige identiteite.
SleutelwoordeGender, kultuur en religieuse diversiteit, interdissiplinêre samewerking, veeltaligheid,
Datum van Aanbieding25 September 2018
Tyd12:45 – 13:45
PlekDen Bosch, Victoriastraat 41 (oorkant Huis Skuilhoek, direk agter die Konservatorium)

RSVP asseblief deur die volgende Google Form te voltooi:

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfqtAwQGhYM9nKv0JeZVpkyhGew7LqVX79QLYMo-aZlHE7C9w/viewform?usp=sf_link

Naam van KontakpersoonMe. Nothemba Nqayi
E-posadres van Kontakpersoonnothemban@sun.ac.za
Kontakpersoon Telefoon021 808 3717
KansellasiesIndien u, om watter rede ookal, nie meer die AUXIN kan bywoon nie, versoek ons dat u asseblief u registrasie ten inste 24 uur voor die tyd kanselleer, deur Me Nqayi te kontak (kontakbesonderhede hierbo). Daar is sekere kostes verbonde aan elke AUXIN vir SOL, en die versoek is om finansiële implikasies te minimaal te hou.
Meer InligtingNa afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op die SOL webtuiste:  www.sun.ac.za/ctl