Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Jaarlikse Menseregtelesing
Begin: 30/08/2018, 18:30
Einde: 30/08/2018, 20:00
Kontak:Yolandi - (021) 808 4853
Plek: JC De Wet hall, Old Main Building, c/o Victoria & Ryneveld Street, Stellenbosch

Tot watter mater is privaat liggame soos grondeienaars, banke, mediese skemas en maatskappye gebonde om menseregte te respekteer? Hierdie vraag lê in die hart van die Suid-Afrikaanse samelewing se transformasie en onderlê baie hedendaagse Suid-Afrikaanse debatte wat verband hou met grondhervorming, die nasionale gesondheidsversekeringskema, bekostigbare behuising vir behoeftiges en billike indiensnemingsvoorwaardes vir werknemers.

Konstitusionele Hof regter Mbuyiseli Madlanga sal die tema, The Human Rights Duties of Companies and other Private Actors in South Africa, aanspreek in die 2018 Jaarlikse Menseregte Lesing van die Fakulteit Regsgeleerdheid en die HF Oppenheimer Leerstoel in Menseregte, Prof Sandra Liebenberg, van die Universiteit Stellenbosch. Hierdie lesing merk die Universiteit Stellenbosch se eeufeesviering saam met die eeufeesviering van Nelson Mandela se geboorte.

Regter Madlanga is ‘n regsgeleerde met ‘n uitsonderlike loopbaan as akademikus, advokaat en regter. Hy het as advokaat in verskeie landmerk sake verskyn en het verskeie posisies beklee, insluitend as Voorsitter van die Amnestie Eenheid vir Ruilbeheer, Hoofbewysleier van die Marikana-kommissie van Ondersoek, Ondervoorsitter van die Kompetisie Tribunaal, en lid van die Geregtelike Dienskommissie. Sedert sy aanstelling as regter van die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof in 2013, het hy ‘n aantal beduidende uitsprake oor konstitusionele regte en menseregte geskryf. Hy het ‘n eredoktorsgraad van die Walter Sisulu Universiteit, en is Hoofredakteur van die South African Judicial Education Journal.

Die lesing vind plaas op 30 Augustus 2018 om 18h15 vir 18h30 in die JC De Wet saal, Ou Hoofgebou, Fakulteit Regsgeleerdheid. RSVP voor of op 20 Augustus by Me Yolandi Filander: (021) 808 4853 of yolandi@sun.ac.za.

Vir mediaskakeling, kontak asseblief Prof Sandra Liebenberg by tel 021 808 9076 of e-pos sliebenb@sun.ac.za.

Tyd: 18:15 vir 18:30
Lokaal: JC De Wet Saal, Ou Hoofgebou, h/v Victoria- & Ryneveldstraat, Stellenbosch
Koste: Gratis

RSVP voor of op 20 Augustus 2018 (021) 808 4853 of yolandi@sun.ac.za /
RSVP's is noodsaaklik vir spyseniering