Kontak:Ms N. Nqayi
- (021) 808 3717
Plek: Venue: Den Bosch, 37 Victoria Street (opposite House Skuilhoek and directly behind the Conservatoire)
Dienste
van die Sentrum vir Studentevoorligting en –ontwikkeling
Hiermee
nooi die SOL u graag na ’n etensuurpadkossessie as deel van die Auxin-projek.
Die Auxin-projek het dit ten doel om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.
Aanbieder: Ms
Mumtaj Parker, Adjunk
Direkteur: Sentrum vir Studentevoorligting en –ontwikkeling
Een van die knelpunte wat toenemend onder die aandag van die
Sentrum vir Studentevoorligting en –ontwikkeling kom, is die gebrek aan begrip
(onder dosente) van die rol van die Sentrum in terme van sielkundige en
ontwikkelingsondersteuning aan die Gemeenskap van US.
Hierdie aanbieding bied ‘n oorsig van die
kernfunksies van die vyf eenhede by die Sentrum vir Studentevoorligting en
-ontwikkeling. Die eenhede deel ‘n gesamentlike doel om studentesukses te
bevorder. Binne hierdie konteks speel elke eenheid ‘n unieke rol. Die Eenheid
vir Graduandi-loopbaandienste se rol is egter breër aangesien hul spesifiek fokus
op die aanpassing tot die wêreld van werk. Die Eenheid vir Gelykwaardigheid
fokus op beide studente en personeel. Die Sentrum bied ‘n holistiese,
kliëntgesentreerde diens wat poog om welwees te bevorder. Dit is belangrik dat
akademiese- en ondersteuningspersoneel die verwysingskanale verstaan asook die
rol wat hul kan speel in die identifisering van stressors wat studente ervaar
asook die impak hiervan.
Datum
van Aanbieding: 27 Maart 2018
Plek: Den
Bosch, Victoriastraat 37 (oorkant Huis Skuilhoek, direk agter die
Konservatorium)
Naam
van Kontakpersoon: Me. N. Nqayi
E-pos: nothemban@sun.ac.za, Telefoon: (021) 808 3717
Na afloop van die sessie sal die potgooi
beskikbaar wees op SOL se Webtuiste: www.sun.ac.za/ctl