Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stel u belang in geregtigheid, opvoeding, die gevangenis en pedagogie?
Begin: 20/02/2018, 13:00
Einde: 20/02/2018, 14:00
Kontak:Dr Mary Nel -
Plek: Ou Hoofgebou, kamer 1023

Universiteit Stellenbosch oorweeg om 'n program te begin wat ontwerp is om opvoedkundige geleenthede vir mense agter tralies te gee, soos wat in lande soos die Verenigde Koningkryk en VSA al reeds gebeur.  Dit beoog dat daar die geleentheid sal wees vir Stellenbosch studente en studente in die gevangenis om saam te leer aan tersiëre onderwys-standaard kursusse.

 

Die byeenkoms sal bygewoon word deur Prof Baz Dreisinger, wat ons sal vertel hoe sy 'n soortgelyke program, die Prison-to-College Pipeline by New York se John Jay College of Criminal Justice, gestig het.

 

Ongeag u akademiese rigting, indien u 'n dosent of student is wat wil betrokke raak, of meer wil weet oor hierdie inisiatief, woon gerus ons byeenkoms by:

 

Datum:     Dinsdag 20 Februarie 2018

Tyd:          13h00

Lokaal:     Ou Hoogebou 1023

 

Indien u die byeenkoms nie kan bywoon nie, maar meer wil weet, kontak Dr Mary Nel by mnel@sun.ac.za.

 

Sien ook hierdie skakels vir meer inligting:

http://www.pbs.org/newshour/bb/can-higher-ed-keep-inmates-returning-prison-release/

http://www.unodc.org/documents/justice-and-prison-reform/17-05452_ebook.pdf