Kontak:Nothemba Nqayi
- 0218083717
Plek: Den Bosch, opposite "Skuilhoek", 41 Victoria Street (directly behind the Conservatoire).
In hoër onderwys bestaan daar gewoonlik duidelike grense tussen onderrig en navorsing. Hierdie grense kan egter vervaag in deelnemende navorsing en pedagogiese aktiwiteite wat vrae laat ontstaan oor informele en daaglikse onderrig- en leerprosesse met betrekking tot studentwees, ras, geslag, seksualiteit en vele ander dinge op kampus.
Hierdie aanbieding doen verslag oor 'n voorgraadse (tweedejaar) sosiologiekursus wat ek oor ras by die Universiteit Stellenbosch aangebied het. In hierdie kursus het ek in massa-lesings deelnemende pedagogiese benaderings probeer ontwikkel wat studente as kennisprodusente, mense en denkers oor sleutelkonsepte soos ras wou betrek.
Een van die ironieë van hierdie kursus is dat dit die einste onderwerp wat onderrig word, bevraagteken. Eerder as dat ek oor ras klasgee en studente my as die deskundige en ras as die onderwerp as vanselfsprekend aanvaar, wou ek studente aanmoedig om krities oor ras en die betekenis(se) wat die konsep vir hulle en ander inhou, te reflekteer.
Die soorte pedagogiese benaderings wat ek gebruik het en die verskillende wyses waarop studente (en ek) ras in verskeie kursusaktiwiteite en besprekings gekonstrueer het, vorm die basis van my aanbieding.
Ras is deur verskillende studente, en deur my, op uiteenlopende maniere gekonstrueer en aangespreek, byvoorbeeld as iets wat maak wie hulle is, as absurd, as pynlik, as ontstellend, as regtig onwerklik, as 'n konkrete werklikheid, as denke, as verrassend wanneer rasse gemeng word, as anders as kultuur en as baie dieselfde as kultuur, as generasiegebonde, en as geslagtelik.
Ek voer aan dat deelnemende vorme van "die onderrig van ras", wat ek in my eie onderrig ontwikkel het, modelle van goeie pedagogiese praktyk in die konteks van kommer oor transformasie kan verskaf. Dit kan gebeur deur vorme van kritiese selfrefleksie deur gesamentlike leer tussen verskillende en diverse studente te bevorder asook deur die voortbring van, vashou aan en betrokke raak by die veelsoortige en teenstrydige maniere waarop verskillende en diverse studente ras konseptualiseer en ervaar.
Aanbieder:
Prof Rob Pattman, Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie
Padkos sal voorsien word.
Slegs 10 plekke is beskikbaar.
Kontak asseblief vir Nothemba Nqayi om u plek te bespreek.